Erediens 22 Okt 2023, “Kan ek God ken?” – Eks 33:12-23
Kan ek God ken? https://www.youtube.com/watch?v=DLV4pLg7l9U Verwelkoming: Agter die werklikheid wat ons sien, is daar ’n groter werklikkheid… Votum/seëngroet: Waar ookal die Israeliete kamp opgeslaan het, het Moses ’n tent geneem en dit ver van die kamp af opgeslaan – die ontmoetingstent. Enige iemand kon daar die Here gaan raadpleeg. As Moses soontoe gegaan het, het […]
“Waarop moet ons fokus?” 1 Tess. 3:1-13 / Erediens 8/10/23
https://youtu.be/IqqmcbnNTYo 1 TESS. 3:1-13 (8/10/23) # Die gemeente van die kerk van Jesus waaraan ons behoort, is ’n gemeente wat al sedert 1973 hier in die Noorder-Paarl bestaan. En ons vier dan ook hierdie jaar die gemeente se vyftigste verjaarsdag! Maar Paarlberg, weet ons, is natuurlik nie die enigste gemeente wat daar in die […]
“Een t.s.v. verskille” – Rom. 14: 1 – 12 (Erediens 24/9/23)
https://youtu.be/Nn6kBxANgWU ROM. 14:1-12 (24/9/23) # Daar is ’n spreekwoord wat sê: “Soveel hoofde, soveel sinne.” En dit beteken mos: hoe meer mense jy op een plek bymekaar het, hoe meer verskillende menings sal daar ook wees. En dit sal ook waar wees van ons klomp wat vanoggend hier bymekaar is. As ons bv. vir […]
“Dit is amper dag!” – Rom. 13:8-14 – Erediens 10/9/2023
https://youtu.be/-eqD0DHIHXU ROM. 13:8 – 14 (10/9/23) # Iets wat ons almal baie goed ken, is hoe dag en nag mekaar afwissel. Hoe daar ’n ritme van dag en nag in ons wêreld is. Kom ons sê maar dis nou eers dag en die son skyn helder. En ons doen allerhande dinge in die daglig. […]
Erediens, 3 Sept 2023: “Onbesonge helde” – Eks 1:8-2:10
Onbesonge helde https://www.youtube.com/watch?v=0TzmYcYwSzY Votum/seëngroet (Geliefd): Stilword bou nuwe breinpaadjies – (vernuwe ons denke). Ou denke/paadjies: presteer, bewys, kompeteer, doen. Onvoorwaardelike liefde, net wees, rus… 1241’n Pelgrimslied. Van Dawid. As die Here ons nie gehelp het nie, dit moet Israel bely, 2as die Here ons nie gehelp het toe mense ons aangeval het nie, […]
“Net uit genade gered.” – Ef. 2:1-10 (Erediens 20/8/23)
https://youtu.be/YriryMD8TJo Ef. 2:1-10 (20/8/23) # ’n Man met die naam Edmund Burke het blykbaar gesê: “Die mens is van nature ’n godsdienstige dier.” En nou sal ons seker nie almal daarvan hou dat ons díére genoem word nie! Maar die punt is: Die meeste mense op hierdie aardbol beoefen een of ander vorm van […]
Erediens, 13 Aug 2023, “Jou ware self” – Rom 10:1-13
Jou ware self https://www.youtube.com/watch?v=A9GTy7CQTX0 Verwelkoming: Wat glo ons – wat kom doen ons hier? Ons kan verenig met Christus! (Nie net Jesus se van nie!) Gesalfde/Gestuurde/Messias – Woord wat van die begin af by God was – Volle wese in Hom woon en deur Hom alles in die hemel en op die aarde met Homself […]
Erediens, 30 Julie: “Ontvangers van die belofte”, Gen 29:15-35
Ontvangers van die belofte https://www.youtube.com/watch?v=KXvoVOoLlr0&t=2367s Verwelkoming: Die Drie Enige God nooi deur al die eeue nog vir mense in gemeenskap met Hom… Votum/seëngroet: Psalm 1051Loof die Here! Roep Hom aan!Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het.5Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het,aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy […]
“Jesus roep ons.” (Matt. 4:12-25)(Erediens 9 Julie 2023)
https://youtu.be/IRRdFBVVujw MATT. 4:12-25 (9/7/23) # Hoe word ’n mens ’n dissipel van Jesus? Hoe word jy ’n volgeling van Hom? Basies keer gebeur dit seker min of meer soos dit met die eerste dissipels gebeur het. Met ander woorde dit begin waar Jesus jou roep. Jy hoor sy roepstem. Dalk nie letterlik of fisies […]
“Die tong is `n vuur” – Jak. 3:1-12 (2/7/2023)
https://youtu.be/iAD-Xe04wL0 JAK. 3:1-12 (2/7/23) # Dit gebeur mos baie maklik dat ons iets sê wat ons nooit moes gesê het nie! Dat iets net uitglip by ons mond voordat ons dit kon keer: ’n lelike woord of ’n skinderstorie of wat ookal. En dan wil ’n mens agterna jou tong afbyt, want jy besef: […]
