Bedieninge

Omgeegroepe
Goeie verhoudings is veral die plek waar liefde groei en uitgeleef word. Daar is ‘n aantal omgeegroepe in ons gemeente wat op ‘n gereelde basis om die Bybel bymekaarkom. Ons deel mekaar se liefde, omgee en geloof en leer leef saam met mekaar as kinders van die Here Jesus.
Kontak: Ds Schalk Kotzé
021 871 1651
schalk.kotze@paarlbergkerk.co.za

Musiekbediening
Ons glo dat mense verander word in die teenwoordigheid van God. Daarom
is musiek vir ons as 'n gemeente 'n baie belangrike instrument.
By ons gewone oggenddienste, maak ons van 'n volledige orkes ("band")
saam met die orrel gebruik. Vir hierdie diens is daar 'n
beplanningsgeleentheid, Woensdae-aande om 17:30, waar die volledige
verloop van Sondag se diens uiteengesit word. 'n Volledige rooster word
ook kwartaalliks opgestel sodat almal vroegtydig weet wanneer hulle aan
die beurt kom.
Ons het ook n jeug"band" wat soms by Revolusie (die gemeente se
jeugbeweging) speel en partykeer ook tydens die oggenddiens.
Ons kan altyd doen met nog instrumentaliste, sangers, rekenaar- en klankmense. Kom deel jou gawes!
Kontak: Ds Bernard Malherbe
021 872 4575
bernard.malherbe@paarlbergkerk.co.za

BOP: Bediening aan Ouer Persone
Al is ons ouer persone net so deel van die gemeente soos enige ander lidmaat, is
hulle vir ons spesiaal. Deur die jaar is daar spesiale geleenthede vir hulle soos ‘n
toer, vrugtefees, ‘n braai en ‘n erediens vir hulle spesiaal.
Kontak: Ds Hugo Biermann
021 872 5776
hugo.biermann@paarlbergkerk.co.za

Kategese
Deur die kwartaal het ons gedurende eredienstyd Kleinkerk vir ons juniors en
kleuters afsonderlik. Hulle vergader ook afsonderlik in groepe om te leer en te
deel en te bid.
Sondagaande kom die seniors bymekaar tydens Revolusie. Daar loof en aanbid
ons die Here en kom daarna ook in groepe saam om die Woord.
Deur die jaar word daar ook jeugfeeste, kampe, uitstappies en uitreike vir ons
jeug gereël.
Kontak: Ds Bernard
021 872 4575
bernard.malherbe@paarlbergkerk.co.za

Uitreike
Ons kan die Here se liefde nie net vir onsself hou nie. Daarom is die gemeente
betrokke by verskeie uitreikaksies om sy liefde in Woord en brood te bring.
Kontak: Ds Hugo Biermann
021 872 5776
hugo.biermann@paarlbergkerk.co.za

Eredienste
Ons het dwarsdeur die jaar eredienste soggens om 9 vm. Tydens ‘n gewone erediens aanbid en prys ons die Here, leer uit die Woord, bid saam en bedien ook die sakramente van die doop en die nagmaal. Omdat almal se musiekstyl en smaak nie dieselfde is nie, maak ons ruimte vir almal deur om die beurt begelei
te word deur ‘n orkes en ook ‘n orrel. Soms vier ons fees (elke kwartaal). Dan word die erediens op ‘n spesiale manier ingerig wat pas by die tyd van die jaar.
Kontak: Kerkkantoor
021 872 8072
skriba@paarlbergkerk.co.za
