Ps. 71:1-20 (27/10/19) # As ’n mens vir een oomblik sou dink dat bejaarde mense, of senior burgers, nie ook baie belangrike mense is nie, dan maak jy ’n baie groot fout. Jy maak ’n baie groot fout, want vir die samelewing en ook vir die kerk is ons bejaardes van onskatbare waarde. En hoekom? […]
Preek – 13 Oktober: “In die tussentyd” – Jer 29:1-11 Kindertyd: Ons bevind onsself baie keer in omstandighede waarin ons nie wil wees nie. Vir die grootmense sal dit dalk dinge wees soos al die slegte stories in die nuus oor land en die wêreld. Vir ons kinders is dit dalk dinge soos ’n juffrou […]
Preek – 6 Oktober 2019: Wie is ek? – 1 Kor 3 en 4 Skriflesing: 1 Kor 3:21-23 Daarom moet niemand op mense roem nie. Alles behoort aan julle: (22) of dit Paulus of Apollos of Sefas of die wêreld of lewe of dood of hede of toekoms is, alles behoort aan julle, (23) maar […]
# Die Bybel praat sommer op baie plekke met ons oor verandering in ons lewens. Oor hoe die Here ons lewens wil verander soos Hy dit graag wil hê. Maar as ’n mens nou vanoggend Ef. 5:8 lees, dan besef jy dat die woord “verandering” eintlik nog te sag gestel is. Dit gaan hier oor […]
Preek – 22 September 2019: “Die balk in my oog” – Mat 7:1-5 Votum/ seëngroet: In ons reeks, padlangs agter Jesus aan, het ons begin by die prentjie wat ons van God het. Want op ’n manier begin alles daar. Elke keer as ons aanbid, as ons luister na ’n preek, as ons ons Christenskap […]
1 JOH. 4:7-21 (3/6/12) # “God is liefde” – dis seker een van die mooiste sinnetjies in die hele Bybel! En hier in 1 Joh. 4 kom dit sommer twee keer voor. En ek dink hierdie sinnetjie help ons ook geweldig baie om vir God beter te leer ken. As ons vra: Wie […]
PREEK: Ek wonder wie van julle onthou nog vir Hägar, die Verskriklike? Ek het sy humor altyd baie geniet, soos dié ene van sy vrou, Helga en dogter, Honi. …. Hier gaan dit oor keuses en om die regte keuses te maak in die lewe. As dissipels van Jesus, is dit belangrik hoe ons dink […]
Preek – 1 September 2019: “Buite die laer” – Heb 12:28-13:16 Verwelkoming: Ons lewe is soos ’n reis; maar ons het mede-reisigers; ons geloofsfamilie Kinderoomblik: Het julle al gehoor mense sê jou huis is waar jou hart is? Jou huis is daar waar jy welkom voel, behoort, tussen mense is wat jou liefhet… Het julle […]
Ps. 30 (18/8/19) # Daar is sekerlik ’n hele aantal mense hier vanoggend wat kan sê: Daar het al iets baie sleg met my gebeur. Of dalk meer as een baie slegte ding. Ek het al iets beleef wat my lewe tot in sy fondamente geskud het. Daar is sekerlik ’n hele aantal […]
SPR. 1:1-7, 20-33 (11/8/19) # Een van die uitstaande kenmerke van ons tyd is die geweldige klomp kennis en inligting wat tot ons beskikking is. Sommige mense praat daarvan as ’n kennisontploffing, iets wat veral in die laaste klompie dekades plaasgevind het. Daar is soveel kennis en inligting beskikbaar dat ’n mens skoon oorweldig […]
