Erediens 31 Julie 2022: ” ‘n Hart verskeur…” – Hosea 11:1-11
”n Hart verskeur… https://youtu.be/b-u3gQZOAOM Votum/ seëngroet: Toe Israel nog ’n kind was, het ek hom al liefgehad, en ek het hom, my seun uit Egipte geroep Jou pad met die Here se begin? Tekens van sy liefde? Van waar het Hy jou geroep? Skriflesing: Hos 11:1-11 Preek: Dit is veral wat Israel gedefiniëer het: […]
Lig vir die wêreld (Joh. 7:53-8:20) Erediens 10/7/22
JOH. 7:53-8:20 (10/7/22) # Daar is sekere dinge waarsonder ons net eenvoudig nie kan lewe nie. As ons bv. nie kos het om te eet nie, of nie suurstof het om in te asem nie, kan ons mos nie lewe nie. En wat van lig? Sonder lig kan ons eintlik ook nie lewe nie. […]
Kroon of kruis? (Luk. 4:1-13) Erediens 26 Junie 2022
LUK. 4:1-13 (26/6/22) # Kom ons wees baie eerlik! Wat sou ons doen as ons vir ons ’n koning moes kies? Sou ons een kies met ’n kroon op sy kop of een met ’n kruis op sy rug? ’n Koning met ’n kroon, of een met ’n kruis? Met ander woorde: Sou ons […]
Toegerus deur die Gees – Num. 11:25-30 (5/6/2022)
NUM. 11:25-30 (5/6/22) # Voordat ons vanoggend uit die Bybel gaan saam lees, wil ek graag eers so ’n Kaapse draai maak en daarmee so ’n bietjie agtergrond gee oor die paar verse wat ons gaan lees. En hierdie Kaapse draai het dan te doen met Israel se reis deur die woestyn. Ons weet […]
Hemelvaartdiens 26 Mei 2022 – Ef. 1:15-23
Ef. 1:15-23 (26/5/22) # Ons vier dan vandag die hemelvaart van Jesus. Voor die oë van sy dissipels is Jesus skielik van hulle weggeneem en het Hy opgevaar na die hemel. 1:9 sê: “Jesus is opgeneem, terwyl hulle dit sien, en ’n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.” En […]
Erediens, 15 Mei 2022 – “Ware rykdom” – Mat 6:19-34
Wat is ware rykdom? https://www.youtube.com/watch?v=TerO193Mj5o Verwelkoming: Wie is U, Here – so vra Paulus op die Damaskus pad? Ons bely Hom. Hy is sagmoedige en nederig van hart – juk is sag en las is lig – ons sal rus kry vir ons gemoed. Hy vra baie, maar dit is sodat ons vry kan wees; […]
“Waar kry ons hoop?” – Erediens 1 Mei 2022
HAND. 9:1-19 (1/5/22) # ’n Bekende Franse filosoof en skrywer van die vorige eeu, Albert Camus, moes op ’n keer ’n voordrag lewer voor ’n groep Rooms-Katolieke priesters. Maar Camus was nie net bekend as ’n filosoof en ’n skrywer nie. Hy was ook bekend as ’n ateïs – as iemand wat nie in […]
Erediens 24 April 2022 – Ekstra-myl liefde – Mat 5:38-48 (Meer soos Jesus reeks)
Ekstra-Myl liefde https://youtu.be/UX9vFdQvUW8 Verwelkoming: Waar voel jy veilig, welkom, bevestig – mag hierdie vir jou so plek wees en mag jy ander help om ook so te voel! Ons tree namens ons Vader op wat geen onderskeid tussen mense maak nie – mag ons ook so wees! Votum/seëngroet: (Our hidden life in God): Daardie tyd […]
Goeie Vrydag, 15 April 2022 – Die Brood wat lewe gee – Joh 6:47-60
Die Brood wat lewe gee… https://youtu.be/Qzkw3UYeSeU Verwelkoming: Toe Jesus sterf, het die voorhangsel van die tempel geskeur – die allerheiligste was oop… sodat ons kan weet – vandag is sy hart, sy arms, sy teenwoordigheid vir ons oop en ons kan met vrymoedigheid kom, met al die stukkende dele van ons lewe en van […]
Erediens 10 April 2022 – “Bevry om regtig lief te hê” – Mat 5:27-32
Bevry om werklik lief te hê https://youtu.be/AtalUktc6K4 Verwelkoming: Palmsondag en inleiding van die Groot Lydensweek – kyk op ons Facebook vir ’n gesinsriglyn vir die hele week. Jy kan ook van Maandag tot Donderdag elke aand om 17:30 – 19:00 kom bid by die gebedstasies… Kers aansteek: Lied 411:1-2 Votum/seëngroet: Jesus se intog: so ’n […]
