“Om jou kruis te dra” – Mark. 8:31-38 (Sondag 19/3/23)
https://youtu.be/erUE0kh6aFI MARK. 8:31-38 (19/3/23) # Ek stel my voor dat Jesus die regte oomblik gekies het, en toe heel moontlik vir sy dissipels gesê het: “Ek het iets baie belangriks om vir julle te sê.” “En dit is dat Ek na die aarde toe gekom het om baie swaar te ly.” “Die Joodse volksleiers […]
Erediens 26 Feb 2023 – Entrepreneurs van Hoop kweek lewe! – Matt 13:31 – 35
Erediens 26 Feb 2023 – Entrepreneurs van Hoop kweek lewe! – Matt 13:31 – 35 https://www.youtube.com/watch?v=BAn-UtDouAc&t=4909s Verwelkoming: Welkom by ons erediens. Dit is baie lekker om saam met almal hier te wees. Votum: Klaagliedere 3:18 Kindermoment Die grootste boom in SA – Sagole kremetart in Limpopo – · 22m hoog, 33,7 meter bree stam – saadjies […]
Erediens 19 Feb 2023 – Entrepreneurs van Hoop roep uit! – Ps 13
Roep uit! https://www.youtube.com/watch?v=nJySULB8KB0 Votum/seëngroet: (Klaagl 3:19-24) “Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas. Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar […]
Entrepeneurs van hoop leef eerlik met hulle angs (Luk. 22:39-53)(12/2/23)
https://youtu.be/E-yWAyZrn38 LUK. 22:39-53 en MATT. 26:36-46 (12/2/23) # As Christene behoort ons almal entrepeneurs van hoop te wees. M.a.w. ons behoort almal geleenthede raak te sien waar ons vir ander mense hoop kan help bring. Waar ons iets kan doen of sê wat vir mense hoop help bring. En natuurlik moet ons hierdie geleenthede […]
Erediens 5 Feb 2023, Entrepreneurs van Hoop leef vanuit die Bron – Eseg 47
Erediens 5 Feb 2023, Entrepreneurs van Hoop leef vanuit die Bron – Eseg 47 https://www.youtube.com/watch?v=nKxjw9KzrdU Verwelkoming: Welkom by ons erediens. Dit is baie lekker om saam met almal hier te wees. Votum: Waarop “HOOP” jy? Dink bietjie daaroor na. Seëngroet: Liewe vriende die Here groet ons vandag as Hy sê dat Sy genade, Sy […]
Erediens 29 Jan 2023, Entrepreneurs van Hoop sien geleenthede – Jer 32
Hoop sien nuwe geleenthede https://www.youtube.com/watch?v=b1wRqT1BPeo Votum/seëngroet (Ps 27, 2020 vertaling): Die Here is my lig en my redding – vir wie sal ek vrees?Die Here is die toevlug van my lewe – vir wie sal ek bang wees?Een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek bly nastreef:om al die dae van my lewe in die huis van die Here te woon,om […]
Wat is anders na Jesus se koms? (Ef. 3:1-13)(15/1/2023)
https://youtu.be/eheIt8Jwja4 Ef. 3:1-13 (15/1/23) # Ek wil graag vanoggend my verbeelding so ’n bietjie gebruik. En dan wil ek my voorstel dat Paulus (die skrywer van Ef. 3) ’n Joodse vriend kon gehad het wat dalk op ’n dag vir hom ’n baie belangrike vraag gevra het. Kom ons sê hierdie Joodse vriend […]
“Die Woord word mens” (Joh. 1:1-14)(11 Des. 2022)
https://youtu.be/KiyQetl217o JOH. 1:1-14 (11/12/22) # Matteus, Markus, Lukas en Johannes – dis die vier evangelies waarmee die Nuwe Testament begin. En hierdie vier evangelies vertoon baie ooreenkomste. Maar daar is ook sekere belangrike verskille tussen hulle. Matteus en Lukas beskryf byvoorbeeld Jesus se geboorte redelik uitvoerig. Hulle vertel van die engele en die skaapwagters […]
Erediens – 4 Desember 2022 – God se Kerskaartji: Sefanja 3:14 – 20
Preek – 4 Desember 2022: God se Kerskaartjie – Sefanja 3:14 – 20 https://www.youtube.com/watch?v=C33NXIhB4DQ Verwelkoming: Welkom by ons erediens. Dit is baie lekker om saam met almal hier te wees. Skriflesing: 14Jubel van vreugde,dogter van Sion,roep dit uit, Israel!Verbly en verheug joumet jou hele hart,dogter van Jerusalem!15Die Here het die oordele oor jouafgewend,jou vyande uit die weg […]
“As Jesus vandag sou kom …” (Matt. 24: 36 -44)(27/11/22)
MATT. 24:36-44 (27/11/22) # Ek glo almal van ons hier, wat oud genoeg is, sal seker onthou waar ons was toe die jaar 2000 aangebreek het! Toe ons oorgegaan het van 1999 na 2000 – of soos party mense toe nog af en toe per ongeluk gesê het: na 19-2000! Ek onthou dat ons gesin […]