Erediens 24 Aug 2025: “By jou adres…” – Jer 1:4-10
By jou adres… https://www.youtube.com/watch?v=es2Zdj3ZkQk Votum: Die dissipline: Fokus op God, sy teenwoordigheid en wat Hy besig is om te doen – raak stil… “Here, U ken my deur en deur… U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. […]
“Wedloop van die geloof” – Heb. 11:29 – 12:3 (Erediens 17/8/25)
https://youtu.be/1Yn6kF8jGx4 HEB. 11:29-12:3 (17/8/25) # Ons geloofslewe is ‘n bietjie soos ’n atletiekwedloop. Dít is waarmee die skrywer van die boek Hebreërs dit vergelyk. Hy sê ons geloofslewe is soos om deel te neem aan ’n atletiekwedloop. En hierdie wedloop is glad nie ’n maklike wedloop nie. Dis ’n wedloop waarin ’n mens kan moeg […]
Erediens, 3 Aug 2025: “Ontmoeting in die woestyn” – 1 Kon 19:1-15
‘n Ontmoeting in die woestyn https://www.youtube.com/watch?v=6dYEu4HvQ_c Verwelkoming: Ewe skielik is die hoogtepunt van Interskole ook verby… Ons almal ken die ervaring… Votum: (uit Ps 42 en 43) Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome So smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God […]
“Die Here is ons troos en krag!” – Ps. 139 (Erediens 6/7/2025)
https://youtu.be/e3_6o0zw3x0 Ps. 139 (6/7/25) # Dawid, die skrywer van Ps. 139, was mos ook die bekende koning van Israel. En nou leer die Bybel ons dat Dawid nogal dikwels in sy lewe in groot gevaar en nood verkeer het. Dink maar aan hoe koning Saul, Dawid se voorganger, hom probeer doodmaak het. Hoe Saul vir […]
Erediens 22 Junie 2025: “Tyd vir grootword” – Gal 3:19-29
Tyd vir grootword! https://www.youtube.com/watch?v=9tDsDIkRvKg Verwelkoming: Koninkrykstyd: een van die belangrikste konsepte in die Nuwe Testament. Daar waar God se heerskappy ’n werklikheid word. Dit is groter as die kerk en gebeur oral – maar ons en ons roeping daarin is baie belangrik. Votum/seëngroet: Toe ons nog geestelik onmondig was, was ons slawe van wettiese godsdienstige […]
‘Die groot dade van God.” – Hand. 16: 11 -34 (Erediens 15/6/25)
https://youtu.be/rAuf-66S2D4 HAND. 16:11-40 (15/6/25) # Die Bybel is, op een manier gesien, die boek oor die groot dade van God. Dit vertel vir ons van die wonderlike skepping, wat God daar gestel het. Dit vertel ook van die klein volkie Israel wat die Here vir Hom as volk gekies het, en van die groot […]
Erediens, 25 Mei 2025: “Moenie bang wees nie!” – Joh 14:18-29
Moenie bang wees nie! https://www.youtube.com/watch?v=qykb8xbxR0M Votum: Skildery van die tuiskoms… Die lig – oudste seun uit die hoogte en nie ten volle in die lig nie… al dra hy ook rooi… Jongste seun…lê teen sy pa se bors – moeg en flenters, maar nog die familiedolk Kop soos ’n pasgeborene (gevangene) Die Pa se hande […]
Erediens, 11 Mei 2025: Jesus en sy skape – Joh 10:22-32
Jesus en sy skape https://www.youtube.com/watch?v=3gsYkCWDJ44 Moedersdag: Ons sien ook die beeld van God in vroue – man en vrou gemaak na sy beeld; Mag ons vandag onthou die wonder en waarde van Moederlike liefde… Jes 42: 14: “Ek het lank stilgebly, My stil gehou, My bedwing. Soos ‘n vrou wat geboorte gee, kreun Ek; Ek hyg […]
“Jesus kom sy dissipels te hulp.” – Luk. 24: 36-49 (Erediens 4/5/25)
https://youtu.be/VEktvb6gSQg LUK. 24: 36 – 49 # Ons het nou gelees hoe Jesus na sy opstanding aan sy dissipels verskyn het. En wat was hulle reaksie? Skrik en vrees. En agter die skrik en vrees was daar ook nog twyfel. Soveel so dat Jesus vir hulle vra: “Waarom kom daar twyfel in julle harte […]
“Lig vir die wêreld.” – Luk. 24: 13 – 35 (Erediens 27/4/25)
https://youtu.be/yI9P3UjUmdE LUK. 24:13-35 # Heel waarskynlik het daar ook al in u lewe iets gebeur wat u laat voel het: Nou is alles net donker rondom my. – Ek sien nou net donkerte en geen lig nie. Een of ander groot krisis of ongeluk of siekte het u dalk al so laat voel. En […]
