26 Julie 2020: God is (hier) vir ons – Rom 8:26-30 Votum: “God is liefde!” juig ons harte en bedink wat Liefde doen: dat Hy ons sy Seun gestuur het om ons sonde te versoen. Hy, wat eerste liefgehad het, het in liefde ons vergeef. Nou kan ons, uit God gebore, uit die bron van […]

19 Julie 2020: Van vrees na liefde! – Rom 8:12-16 WELKOM: Goeie môre en baie welkom by Paarlberg se oggenddiens. SEËNGROET: Rom 1:7  Aan almal vir wie God liefhet en wat Hy geroep het om aan Hom te behoort. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Rom 8:12-16  […]

12 Julie 2020: “Wat keer jou?” – Rom 8:1-11 Verwelkoming: Mag een van die dinge waaroor jy eendag, as jy terugkyk op hierdie tyd in jou lewe, waarvoor jy vir God dankie sê, wees dat Hy jou gehelp het om vryer, in meer oorgawe, meer vertroue en meer liefde te leef. Kom ons begin met […]

5 Julie 2020: Is jou godsdiens swaar? – Mat 11:25-30 MATT. 11:25-30 (5/7/20) #  Die ou Grieke van baie lank gelede het allerhande verhale vertel oor hulle gode en alles wat hierdie gode gedoen en aangevang het. Ons lees vandag nog daarvan in die Griekse mitologie. En een van die verhale uit die Griekse mitologie […]

28 Junie 2020: “Hy hou ons in spanning…” – Mat 10:40-42 Votum: “Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang […]

Erediens 21 Junie 2020 Votum: Matteus 22:37b-40 “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40In hierdie twee gebooie […]

Geloofsgewoonte 8 – Rus (Sabbat) https://youtu.be/z0Ch7piYnAo Sabbat Iemand het eenkeen gesê: “Ek werk om te lewe. Ek lewe nie om te werk nie.” Maklik gesê. Ek het myself die afgelope grendeltyd betrap dat daar so ‘n leë gevoel by my is tot ek besef dat ek half nutteloos en waardeloos voel as ek nie iets […]

Erediens – 14 Junie: Die oes is groot – Mat 9:35-10:15 Verwelkoming: My liewe geestelike familie – wat neem jy waar in jou liggaam die afgelope tyd… gevoelens, gedagtes, stresreaksies, jou slaap… Stilword – haal asem – jou liggaam is ’n tempel van die Heilige Gees, en saam is ons liggame aan mekaar verbind in […]

Geloofsgewoonte 7 – Vas https://youtu.be/jA6Si2hcs5E (Byt) Vas vir 24 uur Ons is nou by die voorlaaste geloofsgewoonte wat ons help om God en ons naaste lief te hê, maw om Jesus te volg. Die Bybel praat om baie plekke oor vas – om jou te othou van iets. En tog, tog is dit iets wat […]

Preek – 7 Junie 2020: Drie-eenheidsondag – 2 Korintiërs 13:11-13 Votum Psalm 8:4-9 Seën Ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en van die Heilige Gees. Boodskap In Koninkrykstyd fokus ons meer op die werk wat die apostels gedoen het, nadat die Heilige Gees uitgestort is en Christene regoor die wêreld […]

css.php