Waarheen roep Jesus ons?

Wat het ons geleer in Pinkster?

Hoe onderskei ons as gemeente ons roeping?

In die eerste plek beteken dit om weer al die lae van al die jare se makmaak van die evangelie te probeer afskil tot ons by God se oorpsonklike bedoeling daarvan uitkom – en baie daarvan sal ons sien by die vroeë kerk se geloof en lewe; hulle oortuiginig, passie en oorgawe. Maar ons roeping onderskei ons nie net deur iets in die geskiedenis te gaan haal en af te stof nie. Ons roeping gebeur weer en weer, in verhouding met die lewende God. Dit is persoonlik, maar ook altyd binne die konteks van ’n spesifieke geloofsgemeenskap. En dit gebeur op ’n spesifieke tyd en plek. God se plan kry weer en weer hande en voete in die regte, stukkende wêreld.

Gevorm: die onmisbare skakel

Ons is reeds God se kinders, maar ons is ook besig om dit te word! Of soos Henri Nouwen dit so mooi beskryf, besig met ’n “process of becoming”. 

“If it is true that we not only are the Beloved (Geliefd!!), but also have to become the Beloved; if it is true that we not only are children of God, but also have to become children of God; if it is true that we not only are brothers and sisters, but also have to become brothers and sisters . . . if all that is true, how then can we get a grip on this process of becoming? If the spiritual life is not simply a way of being, but also a way of becoming, what then is the nature of this becoming?

Die beginsels:

  • Jy gaan moet tyd inruim – vaste tye van afsondering en stilte
  • Deel van daardie tyd is om te leer hoe om stil en teenwoordig te raak, eerlik!. Erken jou gevoelens, begeertes, motivering aan jouself en aan God. 
  • Kry vir jou ’n verantwoordbaarheidsvriend.
  • Vertrou die Heilige Gees. As jy nie weet hoe nie, vra vir Jesus – gee oor!
  • Week jou jou hart, jou lyf, jou verbeelding in die woorde, die storie, die wêreld van die Bybel.

Ons sal moet waag

Ons weet verseker dat ons Hom nie kan volg as ons altyd veilig speel nie – as ons nooit risiko’s neem nie – as ons altyd wil klou aan ons eie gemak, veiligheid en voorspoed nie. 

“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. 

Wat sal dit ‘n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ‘n mens gee in ruil vir sy lewe?”

Ons kerkwees is klaar ’n teken en voorsmaak van die koninkryk

Daarom lê ons ons toe op die 4 kenmerke van die kerk uit Hand 2:41

  1. Die leer van die apostels: Die boodskap van die evangelie. Die Goeie nuus van God se waardes wat ons weer en weer moet hoor. 
  2. Die onderlinge verbondenheid: Geloofsgemeenskap – die uitleef van ons band met mekaar omdat ons saam aan Jesus behoort – omdat ons deur Hom en rondom Hom versamel word. Dit is meer/sterker as vriendskap, maar dit sluit dit in. 
  3. Die gemeenskaplike maaltyd (breek van die brood): Die breek van die brood is die vroeë Christene se verwysing na die eenvoudige maaltye wat hulle gereeld gedeel het as ’n herinnering van daardie laaste maaltyd. Dit was hulle manier om die dood en opstanding van Jesus in die kern van hulle gesamentlike lewe te hou.
  4. Gebed: Vir die vroeë Christene was gebed ’n uitvloeisel van hulle oortuiging dat God naby gekom het – dat hemel en aarde in Jesus aan mekaar verbind is en dat gebed ons manier is om bewustelik te bly in die teenwoordigheid van God en om verwonderd te leef op hierdie oorvleuelingsplek tussen hemel en aarde. 

Uit “Treausre in Clay Jars”:

“Die kerk se lewe as ’n gemeenskap is ’n demonstrasie van God se bedoeling vir die lewe van die hele wêreld. Die praktyke van die kerk beliggaam wedersydse sorg, versoening, liefdevolle verantwoordbaarheid en gasvryheid. ’n Missionale gemeente word gekenmerk deur hoe Christene teenoor mekaar optree.”  

“Die Missionale geloofsgemeenskap bely haar vertroue op die Heilige Gees. Dit word veral uitgedruk in spesifieke praktyke van gesamentlike gebed. 

“Die Missionale kerk verstaan haar roeping as getuie van die evangelie van die inbreek van God se heerskappy in hierdie wêreld. Sy streef om ’n instrument, agent en teken van hierdie heerskappy te wees. Soos wat sy haar getuienis deur haar identiteit, haar aksies, en haar kommunikasie lewer, bly sy bewus van die voorlopige karakter van alles wat sy is en doen. Ons wys egter reeds op die heerskappy/koninkryk van God, wat God verseker sal laat realiseer. Ons weet egter dat ons eie reaksie onvolkome is en dat ons voortgaande bekering benodig.”

Daarom vra ons hier vrae:

  • Waar? Hoe lyk die omstandighede, die mense, die kultuur, die nood van ons konteks van geroep en gestuur wees tans?
  • Wanneer? Wat is op hierdie gegewe tydstip aan die roer? Watter tendense neem ons waar ons gemeenskap en kultuur en waar is die nood?
  • Wie? Wie is ons? Wat gee die Here aan ons in terme van ons eie geskiedenis, geloofstradisie, mense en gawes?
  • Hoekom? Hoekom sal ons eerder die lewende God volg as om net nog ’n godsdienstige instansie te wees?

Wil ons? Is ons bereid om te gaan waar Jesus werk en om ons lewens oor te gee in gehoorsaamheid aan Hom? Sien ons dat dit die skat van groot waarde is waarvoor jy bereid is om jou lewe te gee? Kan jy die heerlikheid en die oorvloed sien in die kruispad waarop Jesus ons roep?

Glo jy dat ons as Paarlberg gemeente so ’n roeping het – dat dit onderskei kan word – dat jy ook onlosmaaklik daarvan deel is én dat ons regtig bemagtig kan word om dit uit te voer?

css.php