Kategese (Familiebediening)
Ons Familiebediening is ons KaalvoetKids (0 – 12 jariges) en ons Revolusie (13 – 16 jariges) wat vir die kinders hul eie ruimte gee om geloof te vorm en te groei saam met hul ouers. Die Familiebediening rus op 4 sg. Pote: Aanbidding, Kennis, Verhoudings&Diens.
Die Familiebediening wil ook graag ouers bemagtig en toerus om saam met ons as vennote geloof te help vorm en groei by hul kinders met toerustingsgeleenthede en weeklikse leiding deur “Om die tafel”-gesprekke in ons aankondiginge en ‘n Geselsblad spesiaal vir gesinne. Vir meer inligting og om betrokke te raak kontak gerus vir Nico. |

Die KaalvoetKids is ons Kinderbediening van Paarlberg en loop SAAM met ons erediens in die oggend vir ons Voorskool tot Gr 6 maats.
Die KaalvoetKids kom saam kerkgebou toe waartydens hul iewers tydens die diens na die saal sal beweeg vir ‘n kort diensie met ‘n boodskap op hulle vlak, saamsing en musiek.
Daarna verdeel ons in 3 groepe waar ons ‘n lessie doen en iets moois maak.
Die 3 groepe is tans:
- Voorskool – Gr R (in die saal)
- Gr 1 – 3 (in die saal)
- Gr 4 – 6 (in die kleinsaal by die kantoorblok)
Ouers is welkom om saam met hul kinders te kom en terwyl hulle wag ‘n koppie koffie/tee te geniet.

Revolusie is ons Gr 7 – 10 Tienerbediening van Paarlberg en kom op Sondagaande bymekaar tussen 17h00 en 19h00. Hoe werk dit?
Ons tieners is ook almal deel van ons “Liefde”-squad waar hul leer om by sekere take van die bediening betrokke te raak en leiding daar vat. Hoogtepunte op ons jaarlikse kalender is die Imagine-saamtrek op Bredasdorp, ons Staptoer saam met Paarl Jeug Inisiatief en ons Revolusiekamp. Kwartaalliks het ons ook ten minste een Diensaksie en ‘n lekker Kuieraand waar ons braai en pret het. |
Belydenisaflegging
- Jy sal jou geloofstorie moet skryf volgens ‘n gegewe riglyn en moet inhandig.
- Ons as groep gaan altyd middel Oktober op ‘n mini “pelgrimstog”.
- Indien dit nie vir jou moontlik is om saam te gaan nie, sal jou groepleier jou nooi vir ‘n persoonlike gesprek voor die datum van belydenisaflegging.