LUK. 24: 36 – 49
# Ons het nou gelees hoe Jesus na sy opstanding aan sy dissipels verskyn het.
- En wat was hulle reaksie?
- Skrik en vrees.
- En agter die skrik en vrees was daar ook nog twyfel.
- Soveel so dat Jesus vir hulle vra: “Waarom kom daar twyfel in julle harte op?”
- Die dissipels het m.a.w. getwyfel of dit werklik Jesus was wat hulle voor hulle sien.
- Hulle het gedink dis dalk ’n gees, so lees ons.
- Dalk ‘n gees, want Jesus is mos kort tevore dood.
- Daar was wel mense wat gesê het dat Jesus opgestaan het uit die dood.
- Maar kon dit waar wees?
- Kan ’n dooie dan weer lewe?
- Is dit nie alles maar net ’n opgemaakte storie nie?
# So Jesus vra sommer reguit vir sy dissipels: “Waarom kom daar twyfel in julle harte op?”
- Maar dan begin Jesus hulle juis help om hulle twyfel te kan
- En hoe doen Hy dit?
- Hy wys vir hulle sy hande en sy voete, die hande en die voete met die spykermerke daarin.
- Hy nooi hulle om na Hom te kyk, en ook aan Hom te vat.
- En toe hulle in hulle verwondering nog steeds nie kon glo dat dit werklik Jesus was nie, eet Jesus daar voor hulle oë ’n stuk gebakte vis.
- En so het Jesus stukkie vir stukkie die dissipels se twyfel van hulle weggeneem.
- So het Hy hulle geleidelik gehelp om te besef: Dit is tog Jesus wat hier by ons is!
- Dit ís ons Verlosser!
- Hy hét uit die dood opgestaan!
# So, wat het gebeur daar waar Jesus aan sy dissipels verskyn het?
- Jesus het self vir hulle kom help om in Hom te glo.
- Wat ander mense vir hulle gesê het, kon hulle nie oortuig nie.
- Hulle twyfel was te sterk.
- Maar Jesus gryp self in en help hulle om hulle twyfel te kan oorwin en om in Hom te kan
# Nou is dit op ‘n manier nogal vir ’n mens bemoedigend om te sien dat die dissipels ook maar net mense soos ons was.
- Hulle was nie verhewe bo twyfel nie.
- Hulle was nie as ‘t ware super-gelowiges nie.
- En as óns dan ook twyfel, is ons eintlik daarmee in goeie geselskap.
- En dit is tog so dat elkeen van ons ook twyfel ken.
- Of is dit nie so nie?
- ‘n Mens hoor mos vrae soos: Het Jesus werklik uit die dood opgestaan?, of: Is God werklik in beheer van hierdie wêreld?, of: Hoe rym God se liefde met al die ellende wat daar in die wêreld is?
- ’n Persoon vir wie ek geweldig baie respek gehad het as gelowige (hy is intussen reeds dood) het een keer gesê hy word soms in die nag wakker.
- En dan ervaar hy ’n amper oorweldigende gevoel van twyfel, so asof nie een van die dinge wat hy glo wel waar kan wees nie.
- En ek wil maar net vra: Wie van ons het nog nie getwyfel nie?
- Dalk nie so intens soos die persoon na wie ek nou verwys het nie.
- Maar: Wie van ons het nog nie, soos Jesus se dissipels, getwyfel nie?
# Maar gelukkig laat Jesus ons ook nie aan ons twyfel oor nie!
- Soos Hy ingegryp het in sy dissipels se twyfel, kom gryp Hy ook in ons twyfel in. Jesus help ons ook met ons twyfel.
- En Hy kom help ook vir ons om ons twyfel te kan
- En hoe doen Hy dit?
- Ek dink Hy doen dit op ‘n hele klomp verskillende maniere.
- Die belangrikste daarvan is sekerlik deur die werk van die Heilige Gees in ons harte.
- Hy versterk en bevestig ons sukkelende geloof deur die werk van die Heilige Gees in ons harte.
- En dit is veral wanneer ons besig is om die Bybel te lees dat die Gees van God ons help om te kan glo wat ons lees.
- Hy help ons om in die Bybel vir God self met ons te hoor praat.
- En Paulus sê so treffend in Rom. 8 dat die Heilige Gees saam met ons gees getuig dat ons kinders van God is.
# Maar daar is ook ander dinge en mense wat die Here gebruik om ons geloof te versterk.
- Dink maar aan boeke wat u dalk al gelees het wat u met u geloof gehelp het.
- En dink aan hoe die Here al ander mense gebruik het om ons geloof te versterk.
- Sulke mense se geloof of liefde of voorbeeld of getuienis help ons om self ook te kan glo.
- Maar die Here stap met elkeen van ons ‘n unieke pad.
- En een van die dinge wat op hierdie pad gebeur, is dat Hy ons help om ons twyfel te kan oorwin en om dalk t.s.v. ons omstandighede in Hom te glo, en ook te bly glo.
# So in die gedeelte wat ons saam gelees het, het Jesus aan sy dissipels verskyn om hulle te help met hulle twyfel.
- Maar dit was nie die enigste rede waarom Hy aan hulle verskyn het nie.
- Die dissipels het nóg ’n groot probleem gehad.
- Hulle het gesukkel om die Skrif, m.a.w. om die Woord van God, reg te verstaan. Die dissipels het gesukkel om die Skrif reg te verstaan.
- Wat Jesus op aarde kom doen het, is reeds in die Ou Testament voorspel.
- Sy lyding was reeds lank tevore deur die profete voorspel.
- Maar die dissipels het dit nie werklik verstaan nie.
- En daarom moes Jesus hulle nou help om die Skrif wel reg te kan
- Vers 45 wat ons gelees het, sê dan ook: “Toe open Jesus hulle verstand om die Skrif te verstaan.”
- En hierdie is so ’n belangrike saak.
- Die regte insig in die Woord van God is net moontlik as God self ons verstand open.
- Die regte insig in die Woord van God is nie ’n saak van ons eie vermoë nie, maar iets wat van God af kom.
- In 2 Pet. 1:20 en 21 staan daar: “Geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.”
- Die Woord van God kom m.a.w. deur die Heilige Gees na ons toe.
- En deur die Heilige Gees moet God ook elke dag ons verstand daarvoor open.
- Anders kan ons nie regtig insig in die Woord van God hê nie.
# Nou ek is seker dat ons almal vrae het oor die Bybel en ook oor die lewe.
- En op sekere van hierdie vrae kry ons dalk nie antwoorde wat ons tevrede stel nie.
- Maar as ons net op ons eie insig staatmaak, kan ons in elk geval nie verwag om die antwoorde wat ons soek, te kry nie.
- Dan sál die antwoorde wegbly, en die Bybel sál vir ons ’n duister boek bly, en die lewe sál vir ons ‘n groot raaisel bly.
- Maar as God ’n mens se verstand open, dan kom daar insig.
- En daarom moet ons altyd biddend met die Bybel en met ons lewensvrae besig bly.
- En ons moet bly bid dat die Here ons sal help om die regte insigte te verkry.
- Ja, dat Hy ons daarmee sal help soos Hy ook destyds sy dissipels daarmee gehelp het.
# So, Jesus het in Luk. 24 aan sy dissipels verskyn veral om hulle te kom help.
- Hy help hulle om hulle twyfel te kan
- En Hy help hulle ook om insig te kry in die Skrif, in die Woord van God.
- Maar dan lyk dit vir my is daar nog ’n baie belangrike rede waarom Jesus aan sy dissipels verskyn het.
- Hy sê in vers 48 wat ons gelees het vir hulle: “Julle is getuies van hierdie dinge.”
- Jesus wou m.a.w. sy dissipels herinner aan hulle getuienistaak.
- Ander mense moes ook die goeie nuus hoor dat daar reeds deur Jesus se dood betaal is vir ons sonde.
- En daarby kon die dissipels nou self sien dat Jesus uit die dood opgewek is.
- Maar ander mense moes ook hoor van Jesus se kruisdood en opstanding.
- En hulle moes dit hoor uit die mond van Jesus se dissipels.
# So as Jesus aan sy dissipels verskyn, is dit ook om hulle tot sy getuies te roep.
- Hulle moes vir ander gaan vertel van die groot dinge wat God in daardie tyd gedoen het.
- Maar sou hulle dit kon doen?
- Sou hulle opgewasse wees vir hierdie groot taak?
- ’n Mens moet onthou dat die dissipels maar net ’n handjievol gelowiges was in ’n groot wêreld vol ongelowiges.
- En daarmee saam moet jy onthou dat hulle maar net gewone mense was.
- Hulle swakhede word mos ook op ’n hele paar plekke in die Bybel vir ons uitgewys.
- Dink maar aan die keer toe Jesus gevange geneem is.
- “Toe,” so sê Matt. 26, “het al sy dissipels vir Jesus in die steek gelaat.”
- Selfs Petrus, wat voor die tyd so grootmond was, het ook weggehardloop.
- En ná Jesus se dood was die dissipels seker niks meer as ’n ontnugterde en verwarde groepie mense nie.
- En nou roep Jesus hulle om sy getuies te wees?
- ’n Mens wil amper vra: Maar het Jesus dan vergeet hoe swak hulle is?
# Maar Jesus het juis nie vergeet hoe swak hulle is nie!
- Daarom sê Hy ook nie maar net, sonder meer, vir hulle: “Gaan getuig!” nie, of “Gaan vertel vir die mense!” nie.
- Nee, Hy sê in vers 49 wat ons gelees het: “En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is.”
- En hier gaan dit mos oor die Heilige Gees.
- Hy is die gawe wat deur God beloof is.
- En Hy sou swakke mense kom toerus met “krag van bo.”
- En so sou die onmoontlike moontlik word, nl. dat mense wat so swak is soos Jesus se dissipels, en ook soos ons, wel van Hom kan
- Iemand het gesê: Die krag van bo oorwin ons menslike vrees en onsekerheid, en gee die regte woord in ons mond.
- En dít is die groot geheim: dat ons nie in ons eie krag nie, maar in die krag van die Heilige Gees getuies van Jesus sal wees.
- Dat ons in die krag van die Heilige Gees sal help dat die boodskap v. God se liefde in die hele wêreld uitgedra en ook prakties uitgeleef word.
# Dit was so ontsettend belangrik dat Jesus na sy opstanding aan sy dissipels verskyn.
- Hy moes dit doen om hulle van hulle twyfel te verlos, én om hulle verstand te open vir die Skrif, én om hulle op te roep om vir Hom te getuig.
- En ons ken vandag die geskiedenis van die vroeë Christelike kerk.
- Ons weet met watter geloof en insig en krag hulle geleef en getuig het, ten spyte van vervolging.
- Dit is deur Jesus self moontlik gemaak.
- Deur sy ingryping en deur die werking van sy Gees het die kerk verander van ’n groepie ontnugterde en verwarde dissipels tot ’n lewende en groeiende kerk.
- En selfs die ergste vervolging kon hierdie kerk, tot vandag toe, nie stuit nie.
# Wat is die Here se wil vir sy kerk vandag?
- Ons kan sekerlik baie verskillende dinge hieroor sê, en daar is ook baie verskillende dinge wat die Here deur ons as sy kerk en sy kinders wil doen elke dag.
- Maar dit kom nog steeds neer op getuig.
- Getuig, in woorde en dade van God se liefde, in Jesus.
- En Luk. 24 herinner ons vanoggend spesifiek daaraan dat die Here ons nog steeds wil help, soos Hy sy dissipels gehelp het, om geloof en insig en krag te kan hê, sodat ons sy getuies kan
AMEN