Geloofsgewoonte 8 - Rus (Sabbat)
Sabbat
Iemand het eenkeen gesê:
“Ek werk om te lewe. Ek lewe nie om te werk nie.”
Maklik gesê. Ek het myself die afgelope grendeltyd betrap dat daar so ‘n leë gevoel by my is tot ek besef dat ek half nutteloos en waardeloos voel as ek nie iets vir iemand kan doen nie. Dis ook nie net ‘n ding wat ons self ervaar nie maar dikwels meet mense ander se waarde aan hoeveel werk hulle insit.
Dit het my net weer getref dat God, wat oneindig en almagtig is, nodig gehad het om te rus na die 6de dag! Tot ek besef: Hy het dit nie nodig gehad nie maar óns het! Daarom het Hy dit as voorbeeld vir ons gestel. Ons is nie God nie en het rus baie nodig om mens te wees en om lief te hê.
Hoewel ons naweke het en baie van ons nie op Saterdae en Sondae werk nie, rus ons al hoe minder. Nie net vat baie mense werk naweke huistoe nie, maar is ons ook gedurig besig met nuwe stokperdjies, reise, partytjies en ‘n klomp ander goed. Eintlik het ons ons selfwaarde begin meet aan ons besigwees. Ons het ‘n rustelose kultuur aangeleer wat ons eintlik minder mens maak en keer om te wees wat God ons bedoel het om te wees. Ons het RUS nodig. Ons sien die gevolge te dikwels as ons dit nie doen nie: angstigheid, hoogmoed, gejaagdheid, depressie, versteurde verhoudings….
Maar wat dan?
Dit beteken nie dat ons net op ‘n stoel moet sit en niks doen nie. So stel die skrywer dit:
Our souls need more than to do nothing; they need to do restful things. In this sense, real rest takes real work.
God het deur sy Seun klaar gedoen wat nodig is vir ons redding en ook vir ons menswees. Ons moet leer om te rus in die Here. Ons kerkvader, Augustinus, stel dit so mooi:
My siel is rusteloos totdat dit rus vind U 13
Wat is dan die “restful things” wat ons moet doen om te rus? Dit behels dinge soos:
Genoeg slaap
Aanbidding
Ontdek die natuur
Lees ‘n boek vir ontspanning (en nie oor jou werk nie)
Geniet vriendskap
Die tipe werk wat jy doen gaan ook bepaal hoe jou sabbat gaan lyk.
Abraham Heschel (‘n rabbi) sê:
A man who works with his mind should sabbath with his hands. A man who works with his hands should sabbath with his mind.
Jy rus dus veral ook wanneer jy iets anders doen as wat jy elke dag doen.
Natuurlik kom daar net “mal” tye wat ons nie kan rus soos ons wil nie. Ons gaan ook deur seisoene in ons lewens en ons rus pas ook daarby aan. Maar dit moenie die reël word nie. Die beginsel van rus moet bly.
Kom ons sluit af deur saam te vat:
Kies ‘n 24-uur tydperk per week van rus. Die ideaal vir ‘n gesin sal wees dat dit vir almal dieselfde dag is. Laat die mense wat saam met jou werk dit ook weet.
Eksperimenteer met wat vir julle werk en nie werk nie – wat jou ware sabbatsrus gee en wat nie. Al verander dit, neem daaroor ‘n besluit.
Werk liewer een dag langer en rus ‘n volle dag as om 2 dae bietjie te werk.
Stel jou foon en e-pos wanneer jy weer beskikbaar sal wees.
Sabbath is the essence of our salvation. We can rest because God has done all that needs to be done.
Mag die Here ook hierdie of van hierdie gewoontes in jou lewe gebruik om Hom en ons naaste nog meer lief te hê sodat ek en jy ook so al hoe meer die lewe kan ontdek en leef
