Erediens 5 Feb 2023, Entrepreneurs van Hoop leef vanuit die Bron - Eseg 47
Verwelkoming:
Welkom by ons erediens. Dit is baie lekker om saam met almal hier te wees.
Votum:
Waarop “HOOP” jy? Dink bietjie daaroor na.
Seëngroet:
Liewe vriende die Here groet ons vandag as Hy sê dat Sy genade, Sy liefde en Sy vrede HIER by ons is vandag. Amen
Skriflesing:
Kindermoment&Preek:
· ‘n Woelwater is iemand wat vol planne en dinge is en wat voluit leef!
· Water is baie belangrik vir lewe – ons kan nie daarsonder nie! Aarde 70% water…blou planet…Baie NB vir lewe op aarde… Water is nodig vir? Kos, was, LEWE
· Sad deel is baie baie min water gebruik – vars water! See te sout, brak water, besoedelde water
· Mens en water baie NB – 70% van jou liggaam is water. Jy kan 3 tot 4 dae sonder water!!!
· Baie dorpe daarom naby water/rondom water – Paarl, Wellington – Bergrivier
· Ons kan nie sonder water lewe nie – Ook nie HOOP nie – ons kan nie sonder HOOP lewe nie!
· Ons lees in Esegiel 47 dat die waterstroom by die tempel begin. Die tempel was ‘n teken van God se teenwoordigheid, m.a.w. dat God by jou is. Die stukkie is vir mense geskryf wat baie hartseer en hopeloos gevoel het wat vir hulle moes vertel dat God steeds BY hulle was en hulle nie gelos het nie. Dit het hulle gehelp om weer HOOP te kry!
· Die stroompie was ook ‘n teken van Jesus se teenwoordigheid en veral Sy liefde en sorg – dit het klein begin, maar het baie gou ‘n woelige rivier geraak wat oral LEWE gegee het.
· Jesus wil ook hê ons moet WOELWATERS wees vol van HOOP&LEWE wat WOEL – Esegiel 47:9 – ONTHOUVERS
· Maar, baiekeer voel ons ook hopeloos, in sulke tye moet ons probeer om ook die dinge raak te sien wat Jesus vir ons gee en mee help – baiekeer is dit klein goedjies – iemand wat met ons vriendelik is of troos of ‘n mooi skoenlapper of blom. As ons die dinge raaksien en sien dat dit eintlik Jesus is wat vir ons vertel Hy help ons en is daar WOEL daar ietsie in ons – ons kan weer beter voel en ons koppe oplig!
· Woelwater GEE LEWE hulle het Jesus se water VOL Hoop IN hulle.
Hoop begin by God self – HY IS DIE BEGIN VAN ONS HOOP!
Boodskap:
Wie is Esegiël
· Profeet IN Ballingskap in Babilon
Mense in Babilon groot krisis beleef
o Weg van land en mense
o Jerusalem, Koningstad, Hoofstad, platgevee
o TEMPEL plat – God se huis, God se teenwoordigheid weg – God is WEG!
o Mense sonder GROND, KONING, GOD – HOPELOOS!
In die omstandighede sien Esegiël ‘n gesig van die tempel
Ø Eseg 40 – sien ‘n man van brons wat hom wys.
Ø Belangrike boodskap vir sy mense – God is nie weg nie – God is HIER SAAM MET ONS
Ø God is STEEDS OORWINNAAR!
Ø God het ‘n plan!
Lees Eseg 47:1 – 12
Water in die Bybel
· Teken van lewe
· TEKEN VAN HOOP – ISRAEL SE KONTEKS
Esegiel se visioen van die stroom baie betekenisvol vir sy mense
· Ons hoop moet nie lê by Jerusalem en konings nie
· Ons hoop moet nie lê by grond en besittings nie
· Ons hoop moet nie wees by volksidentiteit en geskiedenis nie
· Ons hoop le nie in ‘n tempel gebou en godsdiensspeletjies nie
· Ons hoop lê by die bron – die Here SELF!
Later in Bybel Joh 4
· Jesus by die put – HY IS DORS EN MOEG – dink gou bietjie mooi – Jesus KEN dors en moeg, ken die fisiese behoefte!
· Vra vir water…eenvoudige basiese vraag – met ‘n ongelooflike gesprek
· Water wat ek gee strome, borrelende lewende water – nooit dors word nie!
· EK GEE – EK IS DIE BRON!
Dieselfde effek van die water in Esegiel se visioen – lewegewende, genesende water – water wat selfs die DOOIE see laat lewe – nie NET laat leef – lewe in OORVLOED!
Wonderlike beelde, maar hoe kry ek dit…hoe kry ek daardie HOOP wat lewe gee en borrel en bruis…?
Teks help ons:
· Begin by ‘n syfer water onder die tempel – Begin by God se teenwoordigheid in my lewe – bewustheid van God se liefde en sorg – klein eenvoudige dinge – blare wys…dalk een voudiger soos kinderliedjie – Dit borrel in my!
· Dit is waar dit begin – God raaksien en beleef elke dag…eenvoudig klein…
MAAR die stroom VLOEI! Water wat beweeg is gesonde water – water wat opgedam maak siek!
· Let it flow – ons moet daardie HOOP gaan deel – daardie wete dat God in jou lewe is MOET borrel – dit moet vloei na ander, na my maat, my huis, my kollegas – as L/shedding se skedule afgaan – be in the moment – wees kwaad, wees ongelukkig maar tel jou kop op – ons HOOP is op God nie ESKOM nie!
Ons misken nie die aaklig nie – dit is daar, maar laat toe dat die Hoop IN jou “anders” kyk en jou help onthou NIKS is vir God onmoontlik nie – NIKS!
Wat gaan mense die week oor jou sê – watter water het jy gedeel? Was dit vol HOOP&LEWE of het jy hulle dors gelos? Jou gesin, jou vriende, jou kollegas…die Tannie by die till?
Want die stroom is IN ons – ons leef by die Bron …ons wat die Lewende water HET – ons wat hoor Jesus het ons lief – JY het dit…You’ve got it! – Vinger teen die kop…
Wees ‘n woel water van Jesus…wat HOOP/LEWE in ons het!
Amen
Amen
Gebed:
Here Jesus help ons om U alleen as ons Bron van Hoop te hê. Dankie Here vir U teenwoordigheid wat soos strome water deur ons lewens spoel. Here maak my oë oop vir die klein dingetjies wat U vir ons doen&vir die klein tekens wat vir ons U teenwoordigheid en liefde wys en laat daardie dinge en tye die stroompie van U hoop en liefde en sorg in my, ‘n stroom, borrellende water maak wat in my en deur my sal LEWE en HOOP bring asb – nie net vir my nie, maar ook vir die mense wat my pad vandag kruis.
Ons bid dit in Jesus se naam alleen.
AMEN.
