Preek – 30 Oktober 2022: Die BRILLE – Lukas 19:1- 10
Verwelkoming:
Welkom by ons erediens. Dit is baie lekker om saam met almal hier te wees.
Votum:
Ons vier vandag al ons Ouer Persone en bid vir hulle. Ons deel vandag ‘n kaartjie suit aan al ons Ouer Persone met drie verse op: Jesaja 46:4, Psalm 92:15 – 16 en Spreuke 16:31. Mag die verse julle help om te weet Jesus sien jul raak!
Seëngroet:
Liewe vriende die Here groet ons vandag as Hy sê dat Sy genade, Sy liefde en Sy vrede HIER by ons is vandag. Amen
Skriflesing:
Preek:
Brille kry ons
as ons vir ‘n OogToets gaan–
Lank terug – Snellenkaart
·
Agtergrond van toets – Herman Snellen
– 1862
·
Deesdae LOGMar toets- 1979
In Lukas 19:1 –
10 is daar ook ‘n Oogtoets:
·
Gebeure net voor Lukas 18: 35 – 43 genees
Jesus ‘n blinde man net buite Jerigo – NOU IN Jerigo.
·
Baie klem op kyk en sien in 10 verse –
“sien” en “kyk” 5 keer in oorspronklike teks&4 keer in die Afrikaanse teks
voor.
·
3 mense wat “sien” en “kyk”
Saggues -1ste
stel oë
·
Kyk aanvanklik met ‘n gierige oog – hooftollenaar.
·
Tollenaars nie gesien as volksverraaiers
– gehaat,
·
Was baiekeer oneerlik – het meer
belastinggeld namens die Romeinse regering invorder, gevat het as wat hulle
moes.
·
BAD OU – kyk na homself ook met dit.
Al opsie vir
Saggeus
·
Hardloop vooruit…”weg” van
alles…”kruip weg”
·
Mense kan my nie hier bykom of keer
nie
·
Nog verder – Klim boom –Mense kan nog
minder bykom – kan my nie sien nie – ek kry ook bietjie afstand van Jesus
·
In boom te klim was iets baie
onwaardigs vir ’n volwasse, ryk en belangrike man soos Saggeus.
·
Maar hy klim steeds in ’n boom net om
vir Jesus te SIEN.
·
Al “kruip hy bietjie weg” en sal Jesus
hom dalk nie eers sien nie – WIL HY NET SIEN…op ‘n manier net “connect” – DIS
AL!!!!
·
Dit sê vir ons hoe graag Saggeus vir
Jesus wou sien, en ook iets oor die impak wat die gerugte oor Jesus op Saggeus
gehad het!
Saggeus het
soekende oë
·
Wil graag Jesus SIEN – maar kon nie
·
Te kort – ook ander rede
·
A.g.v. tollenaars& hooftollenaars
se reputasie ook doelbewus weggehou van Jesus
·
Saggeus voel nie welkom nie
Dalk jy ook Saggeus
se oë in jou lewe
·
Kyk na myself as ouerpersoon en voel
nie meer welkom nie…voel soms hoe mense my oordeel en label – oud, Outyds,
klaerig, foutsoekerig…
·
Dalk te oud of te siek – fisiese
tekortkoming soos Saggeus
·
Voel dalk dat jy, as gevolg van wat jy
gedoen het, nie daar hoort nie of selfs uitgehou word deur ander mense…
·
Jyself begin na jouself kyk en dink –
ek pas nie – ek is nie welkom nie – Ek beteken niks meer nie!
Die skare 2de stel
oë
·
Baie selfregverdigend – ONS maak die cut! – Fariseer van
verlede Sondag
·
Seker ook
klomp mense in skare wat Jesus genooi het – kom na ons!
·
Wat na Jesus
gekyk het – ook na Saggues gekyk – “Hy gaan by ‘n sondage man tuis!”
Skare = Judging oë
·
Jesus
is nie regverdig nie.
·
Húlle verdien om raakgesien te word –
nie tollenaar nie!
·
Hy moet eerder by húlle kom eet of verlossing
vir húlle aankondig – wat dit “verdien”
·
Hulle is kwaad vir Jesus omdat Hy sy
hand uitsteek na mense wat nie welkom nie – wat nie CUT maak nie.
Die
hartseersaak is dat sommige van ons met die skare se oë kyk en saamstem…
·
Ons voel ons is beter as ander – veral
as dit kom by generasies:
·
As Ouer
mense kan ons soms baie krities staan, verlang dinge was beter – “julle jonges
waardeer nie meer die dinge nie in my dae…” Millenials en hul fone…ons kon
speel…
·
As Jonges,
beweeg dinge te stadig van die oues – “okay boomer”!
·
Ons sien
mekaar nie meer raak nie!
Wanneer Jesus Lukas 19 se Oogtoets doen wys dit Hy kyk anders:
·
Hy stop, en Hy sien raak! By die
blinde man en hier!
· Lukas 19:5 in ou vertaling – opgekyk en Saggues gesien – Grieks – anablepsas – opkykende om te kyk – intense kyk!
Ooit gevoel jy vertel ‘n storie vir iemand – kyk vir jou, maar kyk
eintlik verby jou – Jesus KYK en SIEN…
·
Toe Jesus vir Saggeus raakgesien het,
het dit die deur van sy hart oopgemaak om Jesus se verlossing te ervaar – om te
besef God sien sy hart raak – sien HOM raak…
·
‘n Hart wat roep om raakgesien te word
– om aanvaar te word om gesond te word!
Ek dink Baiekeer voel veral Ouer Persone dalk soos Saggeus:
·
Ek wil net weer hoor God SIEN my raak! My stryd met oud word, my stoei met
gesondheid, vir my wat wegkruip en voel ek is nie meer goed genoeg nie –
·
Ek soek Jesus se bril om na myself te kyk en te
hoor:
o Jesaja
46:4 – God SIEN JULLE RAAK!
o Psalm
92:15 – JULLE het steeds ‘n baie belangrike ROL
o Spreuke
16:31 – ONS sien julle RAAK!
Uitslag van ‘n oogtoets is baiekeer ‘n bril – Saggues kry ‘n bril!
Saggeus se reaksie as Jesus hom sien…
·
Jesus het anders na hom gekyk as wat
al die mense gedoen het dit het deur vir Saggeus oopgemaak – Sy lewe verander
totaal en al!
·
Dit verander manier waarop hy na homself&ander
mense kyk
·
Hy aanvaar Jesus se uitnodiging, noem
Hom Here!
·
Hy wil nie meer oneerlik wees nie en
hy gee die helfte van sy goed vir die armes.
·
Hy wil ook regmaak wat hy stukkend
gemaak het – Besef sy skuld op die ander mense wat hy besteel het vierdubbel
terugbetaal.
·
Saggeus wil mense RAAKSIEN – SAWUBONA!
Wanneer Jesus
na ons kyk, verby ons maskers, labels, tags en buitelae en ek besef Hy sien MY
raak – vir MY – verander dit ons hele lewe…ook HOE ons kyk! DIT IS DIE BRIL!
Jesus kom gee met
die kykende om te kyk daarmee vir ons ‘n bril om ANDERS na onsself te kyk maar
ook na ander mense omdat ons weet Jesus sien ONS ALMAL raak…en ons kry genade
op genade…soos Saggeus…soos ‘n blinde man…soos ‘n jong kind, die tiener, die
student, die pa en ma en veral vandag soos ‘n Oupa en Ouma wat soms alleen in
die vyeboom wil wegkruip, soekend na oë wat hulle raaksien…en wat die moeg vir
die lewe en die gesukkel verstaan
Jesus STOP ook vandag by jou daar waar jy en ek dalk wegkruip en Hy sien ons raak…en Hy kom ook vandag vir ons sê:”Liewe Saggeus klim gou af, want Ek wil vandag vir jou ‘n bril kom gee om anders te kyk, na jouself, na jou kinders en kleinkinders, na jou ouers, jou maat, na almal om jou! En my liewe Saggeus ek hoop jou ketel is aan want ek kom vandag by jou kom kuier…
Amen
Gebed:
Here Jesus dankie dat U mense raaksien. Dant U stop en ons SOEK! Here help ons vandag besef soos Saggeus en die blinde man hoe wonderlik dit is as U ons raaksien en laat dit vir ons ‘n bril wees om ons te help om ook MEKAAR raak te sien! Ons bid dit in Jesus se Naam
AMEN.
