Erediens – 26 April: Ons aard na ons Vader – 1 Pet 1:10-25
Votum:
“(Jesus) U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U
geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en
nasie. U het hulle ‘n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde
regeer.”
“Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die
eer, heerlikheid en lof te ontvang.” Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde
en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op
die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in
alle ewigheid.”
Seëngroet:
As die lewende Jesus aan sy mense verskyn het, was sy groet eenvoudig:
Vrede vir julle!
Stilword en skuldbelydenis:
Een van die grootste geleenthede van hierdie tyd is om
ware hoop te ontdek. Eers as ek by daardie punt kom dat al my opsies om myself positief
te maak uitgeput is, dan kom ek by die punt van volle oorgawe, waar ek ontdek, hoop is
God se gawe aan my en dit is geanker in Hom…
Raak stil en fokus op die Here Jesus, die Lam wat waardig is… Bring alles wat jy voel,
verlies, wanhoop, vrees, sonde, bring dit na die Here met die wete, dit alles het Hy op
Hom geneem sodat jy kan vry wees…
Loflied: U’s my God
Skriflesing: 1 Pet 1:10-25
Gebed:
Here, ons deel in mekaar se pyn. Ons bring elke siel wat vandag saam met ons
aanbid en wat swaarkry, na U. Mag ons in hierdie tyd, Here weergebore word tot nuwe
lewe, en mag U ons aan mekaar bind as lede van u huisgesin.
Gebed:
Here, ons nooi ons om dinge te laat gaan; om afskeid te neem van ’n ou wêreld
en lewe; en dit is nie maklik nie. Maar, ons weet, as ons al ons hoop en vertroue op U sit,
sal ons ook deel in die onuitspreeklike, en heerlike blydskap.
Dankoffers:
Slotlied:
Lied 284 – Laat Heer u vrede deur my vloei
Seën:
Die Here sal jou seën en jou beskerm…
