Erediens – 19 April: Egte geloof? – 1 Pet 1:1-9

Votum (verse uit Ps 16):

1 ‘n Gedig van Dawid. Neem my in beskerming, o God; ek soek skuiling by U. 2 Ek het vir

die Here gesê: “Ek behoort aan U, daar is vir my niks goeds nie behalwe by U. 3 Die

afgode in die land, so aantreklik vir baie – met hulle wil ek niks te doen hê nie. 5 Here, U is

my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. 6 ‘n Pragtige deel is vir my

afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.

8 Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. 9 Daarom is ek

bly en juig ek en voel ek my veilig. 10 U gee my nie oor aan die dood nie. U laat u troue

dienaar nie in die graf kom nie. 11 U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige

blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.

Seëngroet: Ek groet julle soos Petrus van ons vroegste mede-gelowiges gegroet het:

Julle is vreemdelinge in hierdie wêreld, maar God die Vader het julle uitverkies en deur die

Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees deur die bloed van Jesus Christus.

Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!

Kom ons sing: How great is our God

Skriflesing: 1 Pet 1:1-19 (Doen dit hardop)

Luister/kyk na die boodskap:

Kom ons bid nou saam die Onse Vader

“Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil

ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en

vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons

nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. Aan U behoort die koninkryk en

die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Kom ons sing: In die hemel

css.php