Preek – 16 Oktober 2022: 'n Hartvol van die "Right Stuff" – Jeremia 31:31 - 34
Verwelkoming:
Welkom by ons erediens. Dit is baie lekker om saam met almal hier te wees.
Votum:
Vandag dink en bid ons vir ons Matrieks. Raak stil en luister na die mooi Eksamengebed:
Die Here is my Herder,
waarvoor sal ek bang wees?
Hy laat my die eksamenkamer rustig binnegaan
Hy verlig my verstand
Hy lei my in die kennis van geleerdheid
om Sy Naams ontwil.
Al kyk ek na die vraestel en die vrae is moeilik,
sal ek kalm bly,
Want Hy is by my.
Die goedheid van die onderwysers en wat hulle my geleer het,
Sal vrug dra en ek sal leef om Sy Naam te loof tot in ewigheid.
(Onbekend)
Seëngroet:
Liewe vriende die Here groet ons vandag as Hy sê dat Sy genade, Sy liefde en Sy vrede HIER by ons is vandag. Amen
Skriflesing:Jeremia 31:31 – 34
Preek:
Wanneer het iemand die “right stuff”? En wat is hierdie “right stuff”?
As mense sou ons sê die “right stuff” is ons kwalifikasies, ons prestasies, hoe slim ek is, hoe sterk ek is, hoe ek lyk –
dit is die “right stuff”?
Maar is dit soos God daaroor dink?
In 1 Samuel 16 lees ons dat Israel ‘n nuwe koning soek en Samuel, ‘n baie belangrike leier en profeet word na Betlehem gestuur om die nuwe koning te gaan salf. Die nuwe koning sal die “right stuff” hê.
Samuel gaan dan en nooi vir Isai en sy seuns na die offermaaltyd.
· Sien die oudste – Eliab – hierdie ou het die “right stuff” – Maar God sê “NEE, dit is nie hy nie!”
· Dan Abinadab, dan Samma en dan volg nog 4 ander seuns – 7 in total – nie EEN het nie die “right stuff” nie, want 1 Samuel 16:7 – God se right stuff lê in die hart!
· 8ste seun – die jongste, pas die skape op – Dawid! -HY HET DIE “Right stuff”!
Wat het Dawid in sy hart gehad, wat was die “right stuff”?
Jer 31:33 praat van ‘n Nuwe verbond – God skryf Sy Woord in ons harte en gedagtes – dit is wat Dawid gehad het:
· BELOFTE van God wat Homself verbind aan ons – nie afhanklik van wet en reels – HY KOM VERBIND HOMSELF!
· VERHOUDING met Hom – dit is waar die hart Sakkie inkom
· Hierdie verhouding bevat God se right stuff!
Die “right stuff” is GOD se WOORD/Sy INSTRUKSIE/BELOFTE wat in hierdie nuwe verbond op ons harte geskryf word! Dalk wonder jy: “Watter beloftes/instruksies is dit wat die Here in my hart en gedagtes kom skryf in die kwartaal?”
5 WOORDE:
1ste ding – VERBIND (SELFOON)
· “Ek SAL HULLE God wees…
· VERHOUDING met hierdie God –VERBOND = VERBIND!
· Ps 16:8 – Ek het die Here ALTYD by my!
· Selfoon sein – oral en altyd – ek is connected – ek is altyd VERBIND aan God deur die Verbond!
2de ding – ARTISTIES (wondergom/klei)
· “…Hulle sal MY mense wees.” – Ek BEHOORT
· Klei het altyd potensiaal om iets te wees.
· Iemand met die right stuff is iemand wat weet hoe Wonderlik geskep, goed genoeg, geroep,
gekies…Ps 139, Jes 43
3de ding – NIKS (CHOMP)
· Omdat God MY God is – NIKS waarmee God my nie kan help nie!
· “My God is so groot, so sterk en so magtig, daar is NIKS wat my God nie kan doen…”
· CHOMP – Christus Help Ons Met Probleme!
· Die verbond help my besef dat die sonde en Foute wat ons maak God nie keer om my te help nie – Jer 31:34 – Hy dink nie daar aan nie – GOD HELP!
4de ding – DANKBAAR (BAR ONE)
· Bar ONE lekkerste tjokkie!
· 25 hour day – NIKS MEER NODIG NIE – 24 uur is en God gee vir my MEER AS GENOEG!
· Ek is GOED GENOEG – right stuff!
· Daarom omdat God MY God is en ek in hierdie verbond staan kan ek dankbaar & content wees – Ek HET genoeg en IS genoeg – Ps 23 sê dit so mooi!
5de ding – ASEM (KITKAT)
· Wanneer jy WEET die Here beskerm en help jou – Dat God MY God is dan kan jy RUS!!!!!
· Vat ‘n break-BY GOD – Haal bietjie ASEM! Jy hoef nie te baklei en te sweet en te swem nie – RUS by die Here…Belangrik in die eksamentyd – jy kan maklik voel jy verdrink en sukkel – so RAAK RUSTIG – TAKE A
BREAK!!!!
· Psalm 62:1, Jes 40:31 bevestig dat ons wat BEHOORT kan RUS by God ALLEEN!
6de ding – GENIET (TEX)
· the lighter side of life – Tex se leuse!
· GENIET die lewe! Ook die eksamen. LEEF LIGTER!
· Lewe met ‘n vreugde/joy/lag
· JDie verbond sê vir ons :”Jy is God s’n! God SORG! God gee RUS!” daarom “Life’s a journey! Enjoy the ride!”!
Hierdie is die right stuff wat God op ons harte kom skryf. Ons HET dit in hierdie VERHOUDING, hierdie VERBOND met Hom – almal en elkeen – daarom wil Hy ook wil he ons moet hierdie right stuff uitleef na mekaar en deel met mekaar, maar hier nog iets in die Sakkie…
Sit alles saam – ‘n laaste Woord?
VANDAG (Vuurhoutjies&kers)
· Jer 31:31begin met “Daar kom ‘n tyd…”
· In Jesus het die tyd gekom – daardie tyd van hierdie wonderlike verbond en die Woorde/belofte/instruksies is VANDAG!
· Wat maak ons met VANDAG? Ons dink en leef altyd aan en vir die toekoms – tob oor die “wat asse” – maar wat vandag?
· Wat as ek al kan weet dat vandag die RIGHT STUFF het?
· En as ek die “right stuff alreeds het, hoe gebruik ek die right stuff in my hart? Hoe deel en Leef ek dit?
· Kersblaker verlede jaar met Belydenis gekry – dit herinner ons aan VANDAG! Aan die Nuwe verbond – VANDAG! Vandag gaan ek Skyn! Steek jou kers ELKE DAG aan en WEET Here is NABY! VANDAG! Soek Hom…RUS gereeld by Hom…Kry julle moed&krag by Hom!
Sterkte vir die eksamen! Sterkte vir die kwartaal. Sterkte vir die laaste 3 maande van die jaar – God is ons God, ons is SY mense en in die wete en hierdie verhouding kan ons weet ons het VANDAG&Elke dag
in ons hart, gedagtes en hele wese die RIGHT STUFF!
Amen
