Preek – 11 Junie 2023: SING! – Psalm 40

Verwelkoming:

Welkom by ons erediens.  Dit is baie lekker om saam met almal hier te wees.

Votum:

Ons lees vandag ‘n Psalm saam.  Psalms is liedere uit die Bybel.  Watter lied sing jou hart vandag?

Seëngroet:

Liewe vriende die Here groet ons vandag as Hy sê dat Sy genade, Sy liefde en Sy vrede HIER by ons is vandag.  Amen

Skriflesing:

Psalm 40:

PSALMS 40

1Vir die •musiekleier. Van Dawid. ‘n Psalm.
 
2 Ek het op die Here bly wag,
Hy het na my afgebuig
en my hulpgeroep gehoor.
3Hy het my opgetrek
uit die put van verderf,
uit die modderige slik.
Hy het my voete op ‘n rotsbank
laat staan,
my voetstappe vastigheid gegee.
 
4Hy het ‘n nuwe lied in my mond gelê,
‘n lofsang vir ons God.
Baie sal dit sien, en ontsag hê,
ja, hulle sal op die Here vertrou.
5Gelukkig is die mens
wat sy vertroue in die Here stel,
en hom nie wend tot hoogmoediges
en dié wat hulle toevlug neem
tot leuens nie.
 
6So baie het U, Here my God, gedoen –
u wonders en wat U vir ons
beplan het.
Niemand kan met U vergelyk word nie.
Ek wil dit graag bekend maak,
en daaroor praat,
maar dit is te veel om op te noem.
 
7 Slagoffers en •graanoffers
is nie wat U wil hê nie –
U het my ore oopgemaak –
•brandoffers en •reinigingsoffers
het U nie gevra nie.
8Daarop het ek gesê:
“Kyk, ek het gekom –
in die •boekrol is oor my geskryf.
9Wat U behaag, my God,
wil ek graag doen;
u wet is in my binneste.”
 
10Ek het die goeie boodskap van geregtigheid
gebring in ‘n groot byeenkoms,
kyk, my lippe hou ek nie dig nie.
U weet dit self, Here.
11U geregtigheid het ek
nie in my hart verberg nie,
oor u trou en verlossing het ek gepraat.
Ek het nie u troue liefde
en waarheid vir ‘n groot
byeenkoms geheim gehou nie.
 
12U, Here, moet tog nie u ontferming
van my weerhou nie.
Laat u troue liefde en waarheid
my altyd veilig hou,
13want tallose gevare omring my.
My sondeskuld het my ingehaal,
sodat ek nie kan sien nie;
dit is meer as die hare op my kop.
My moed het my begewe.
 
14Mag dit U behaag om my te red, Here,
Here, kom my gou te hulp!
 
15Laat hulle almal saam
beskaamd en verleë staan,
hulle wat my lewe soek.
Laat hulle terugdeins en verneder word,
hulle wat behae het
in my teenspoed.
16Mag hulle ontredderd wees
deur hulle skande,
hulle wat vir my sê: “Aha! Aha!”
 
17Mag almal wat U soek
hulle verheug en in U bly wees;
mag hulle wat u verlossing liefhet,
voortdurend sê:
“Die Here is groot!”
18Ek is magteloos en behoeftig,
maar my Heer sal aan my dink.
U is my hulp, my bevryder.
My God, moenie talm nie.

Preek:

·        “My heart, which is so full to overflowing, has often been solaced and refreshed by music when sick and weary.”- Martin Luther

·        Musiek laat ons soms beter voel…roer ons siel…as die lewe rof is…is daar daai lied wat jou net optel…VIGGO VENN


In die kerk- sing ons liedjies…

·        Baiekeer eenvoudig, onthou dit, gee hoop op tye wat ek dit nodig het – My God is so groot, Jesus min my, Blye Verseekring

 

Natuur se liedere – Wind deur bome…reen…hadedas!

 

Ook binne jou –

·        Sit gou jou hand so op jou hart -voel jy dit? Die ritme, die musiek! Honger maag, bene wat knak – musiek!

·        Watter liedjie dans daar deur jou liggaam vanoggend?  Watter musiek speel in en deur jou lewe nou, as jy dink aan more…die week wat voorlê…maand wat wag…

 

Bybel is boek vol musiek en liedere – ook soos die 7 liedjies verskeidenheid – eenvoudig, opgewek, hartseer en vol kla, ook liedere wat jou laat krag kry! Liedere gerig aan God!  Psalm 40 is EEN so liedjie…

 

Psalm 40 

·        Ou wat op ‘n bad plek is…sing ‘n klaglied!

·        Beleef iets van God se hand – Sy teenwoordigheid en sorg!

·        Die Here help – wat hom uitgehaal het uit die modder en sy voete solid maak…

·        Vers 4…sit ‘n nuwe lied…’n lied in sy mond…’n lied vir ONS GOD! ONS God!

·        Sing nie oor ander dinge en mense – sing vir Sy God!

 

Hans Christian Anderson – “Where words fail, music speaks.”

·        Soms sukkel ons om in woorde ons twyfel en seer en hopeloosheid te verwoord OF ons vreugdes!

·        Liedere help ons – 7 liedjies gee vir ons woorde om ons diepste emosies te deel !

Ps 40 gee ons woorde om vandag ‘n NUWE lied te sing –

·        ’n Lied vir ons, wat vandag ook soos die Psalmdigter van Psalm 40 dalk in ‘n modderput sit – moeg, moedeloos, vasgevang…en besig om te sink!

·        MAAR ook ‘n Lied van vertroue vir God – VADER- sorg&liefde&Skepper, ‘n Lied van Jesus – MENSWEES ken! ‘n Lied vir die GEES – Trooster, bemoediger – sug saam!

·        Hierdie nuwe lied wat die Here vir die Psalmdigter gegee het wil Hy vir jou ook gee! Safety VEST – Viggo Venn – dans musiek!

·        HOE?  WEES/WEET/WAG!

 

WEES (vers 7 – 9

·        Die Here soek nie klomp offers, klomp tale…klomp aangeplakte liedere nie…Hy soek jou eerlike opregte lied – oor wat in jou hart aangaan

·        Sy wet nie net WOORDE nie – geleef en sing met my hart, siel, verstand, krag – ons hele WESE – nie reels nie – VRYMAAK om te leef!

·        Matt 11:28 – 30 “Kom na my toe” – godsdiens vasgeval in WOORDE – Message “unforced rhythms of grace” – nie geforseer nie – WEES NET – opreg oor jou WEES soos Psalm 40…wat sê…Here ek wag…ek hou vas…U’s al wat ek het…Hoor my…Help my…leer leef of genade se ritme – Jesus min my salig lot!

 

WEET(vers 1 – 6) 

Die “Nuwe lied” kom met ‘n WETE op WIE ek WAG!

·        VERBONDSNAAM – Die HERE – JHWH!

·        WIE HY IS –

o   GETROU – Die Here SAL jou nie drop nie!

o   NABY – HOOR as Hy ROEP

o   AKTIEF – doen iets!

·        Heilige Gees van Rom 8 – SUG!!!!!

·        ‘n Lied oor WEET wie die Here is!”My God is so groot!/

WAG! – (vers 10 – 17) 

·        Hierdie lied kom met ‘n gewag – nie enige tipe wag – QAVA!

·        Nie enige wag, soos ry in bank of PnP…Expectantly wait – WEET die Here gaan my nie drop nie!!! 

Hy moes WAG en vertrou in die Here Wie se asem en Gees IN jou IS – nie hopeloos nie – HOOPVOL, opgewonde – WEET! Vers 18!

·        Maar wat doen hy terwyl hy wag – Hy sing en roep en bid sy WESE te midde van slegte omstandighede (vers 12 – 14) en in die sing kry hy ‘n nuwe lied in die lied van twyfel en worstel kry hy ook ‘n lied vol krag, vol heelword, vol hoop, vol genade…

·        ‘n lied wat hy vir die wereld gesing het, want terwyl jy wag is ‘n lied se musiek iets wat jy sing of luister of fluit of neurie!

·        Vers 18 Hierdie lied sing hy vir homself!!!! As ek niks het nie…het ek nog altyd vir God!

·        Nie net vir homself…Sing ook vir ander! vers 10 – 11

·        Sing bo alles lied vir die Here…Here help…moet my nie vergeet nie…Ek wag Here, Ek wag!!  “U’s my God!”

Music washes away from the soul the dust of everyday life – Berthold Auerbach

Psalm 40 nooi ons uit om die stof weg te sing – soos Psalm 40 se digter, soos Paulus en Silas in die tronk…sing op die unforced rhythms van Jesus in jou hart wat klop, SING!!

 

Kom sing jou LIED – jou WEES-lied van jou hart, siel, verstand en krag uit voor die Here – sing JOU LIED want jy kan WEET Wie Hoor jou lied – dit is ONS Here wat ook vir JOU in jou WAG vandag ‘n nuwe lied het!  

Amen

Gebed:

As gebed sing ons vanoggend Koos du Plessis se Gebed saam:

Laat my nooit die grond verlaat nie
Laat my in U skadu bly
Gee dat elke aardse vreugde en vrees
Eind’lik nietig word vir my
Elke afdraai padjie ken ek
Elke keer het ek verdwaal
Elke keer het U my iewers kom haal
Maak dit Heer die laaste maal
Elke dag is ‘n gedagte
Elke kamer net gehuur
Elke aardse droom van rykdom en roem
Net ‘n skadu teen die muur
Wat ek is, is net genade
Wat ek het is net geleen
Eint’lik smag ek na U waters van rus
Lei my Heer vanaand daarheen

css.php