Preek – 11 September 2022: GEVIND! Die beste nuus ooit! – Lukas 15:1 – 10
Verwelkoming:
Welkom by ons erediens. Dit is baie lekker om saam met almal hier te wees.
Votum:
Nuus het nogal ‘n manier om ons lewens te raak nie
waar nie? Wat was die nuutste nuus wat jy gehoor het en hoe
het dit jou laat voel?As jy vandag hoor dat Jesus vir ons die beste nuus
ooit het – wat dink jy is dit?
Kom ons word stil en vra dat die Here hierdie
wonderlike nuus vandag vir ons opnuut sal hoor en ontdek hoe kosbaar dit is!
Seëngroet:
Liewe vriende die Here groet ons vandag as Hy sê dat Sy genade, Sy liefde en Sy vrede HIER by ons is vandag. Amen
Skriflesing:
Die gelykenis van die verlore skaap
(Matt. 18:12-14)
1Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. 2Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.”
3Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: 4“Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. 5En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers. 6As hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.’ 7Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.”
Die gelykenis van die verlore muntstuk
8“Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie ‘n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? 9En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’ 10Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”
Preek:
Vandag 21 jaar
terug het die wêreld die volgende stukkie nuus gekry:
·
Twee vliegtuie vlieg vas in die WTC in
New York
·
Kan jy nog onthou waar jy was toe jy
21 jaar terug die nuus gekry het en die beelde gesien het?
·
Hoe het daardie nuus jou getref? Laat voel?
·
UNREAL! Uit ‘n fliek uit!
More 12
September in die jaar 490 – Persiese Ryk rondom tyd van Ester – oorlog teen
Griekeland
·
Persie wereldmag en Grieke toe klomp
klein stadstate waarvan Sparta en Athene die grootste was.
·
In die tyd val die Persiese vloot en weermag
Athene aan naby die dorpie Marathon ongeveer 42, 2 km van Athene af. Atheners baie afhanklik van die Spartane –
hulle was die krygsmanne – fliek 300 THIS IS SPARTA!!
·
Atheners stuur toe vir Pheidippides na
Sparta 240 km ver om te vra vir hulp.
Pheidippides hardloop dit in 2 dae maar daar gekom was Spartane was
besig met ‘n geestelike fees en kon nie help ni en hy hardloop weer terug.
·
Teen daardie tyd het die uitgedunde
Atheners toe alleen geveg teen ‘n oormag Persiers.
·
Atheners wen toe en stuur vir Pheidippides
na Athene met die wonderlike boodskap van die oorwinning – Met die wonderlike
boodskap by die stadsvaders van afgelewer word daar vertel dat Pheidippides net
daar van uitputting gesterf het n vandag word Marathonne gehardloop ter
nagedagtenis van sy heldedaad…
Watter effek
dink julle het die 2 brokkies nuus op mense se lewens? Watter effek het die week se nuus op ons
gehad?
Nuus het ‘n
ongelooflike effek op ons lewens. Ons
almal as ons so om die tafels of braaivleisvure staan gesels ons mos oor die
nuus – ons wil weet wat aangaan, maar ook sien ons deesdae hoe die nuus wat ons
lees en aan blootgestel word ons emosies en lewensuitkyk beinvloed. DOOMSCROLLING – noem geleerdes dit!
Watse nuus
lees jy tans die graagste om die tafel?
Watter nuus kom op jou foon deur?
Watter nuus deel jy om die braaivleisvuur? Hoe laat daardie nuus jou voel?
In die tyd van
die Nuwe Testament was die nuus wat die meeste gewone mense gehoor het, ook
maar nie altyd goeie nuus nie. En tussen
al die nuus van nuwe belastings het jy nog boonop by die sinagoges en tempel
gehoor dat God net mense soek wat Sy wette tot op die letter onderhou – Ja God
is net vir die mense wat alles perfek doen en sê, vir die elites en die bestes.
God was Iemand
wat oordeel en straf en geen tyd vir sondaars en nobodies het nie.
Maar dan is
daar ‘n Rabbi met nuwe nuus oor God se hart.
Hierdie Rabbi se nuus was soms moeilik om te hoor want Hy praat van
vergifnis vir jou vyande, van die ekstra myl stap, van nie kwaad word nie van
vrede maak en lief wees vir mekaar, Hy deel nuus van die koms van God se nuwe
koninkryk wat naby is en daar is vir almal – ook vir die nobodies, vir die
sondaars, vir die wat voel hulle is verdwaal.
Natuurlik is
hierdie nuus vir godsdienstige leiers wat die wet onderhou en die mense in toom
moet hou heeltemaal verkeerd. Hulle raak
sterk opponente van hierdie Rabbi en Sy goeie nuus…
En dan op ‘n
dag by ‘n etenstafel waar nuus en stories van die dag gedeel word vertel Jesus ‘n
storie met die beste nuus OOIT:
LEES Lukas
15:1 – 10
Skaap verduidelik:
·
100 – simbolies van volheid
·
Konteks van herders en gemeenskap – Verlore
skaap is kosbaar en raak almal se verlies – nie net eienaar!
·
99 los – by ander herder – nie
onverantwoordelik nie!
·
Verlies van almal raak die vreugde van
almal – GEVIND!
Muntstuk verduidelik
·
10 munstukke – was kosbaar -dragma een dag se loon!
·
1 raak weg – onvolledig
·
SOEK totdat kry! HERDER soek OOK tot Hy
kry!
· Deel in my vreugde!
Hoe is hierdie
vir nuus? Dalk nie vir ons baie kosbaar
nie – ons skryf maklik een af – tot jy daardie EEN is!
Ek dink diep
binne ons almal tussen al die doomscrollings om die tafels besef ons soms – ek is
verdwaal, ek is verlore – nie noodwendig sonde nie – hopeloosheid van die lewe,
gejaagdheid, vasgelooptheid, raap en skraap…sukkel om te leef!
Want ‘n skaap soek
nie altyd daarvoor om weg te raak nie, netso ‘n muntstuk – dit gebeur! Jy sit iets op ‘n tafel en dit raak weg! LIFE
HAPPENS!
En dit hier
waar die wonderlike nuus kom – GOD SOEK – TOT HY KRY! By die bekende Verlore Seun kry ons wagtende,
verlangende Vader – God is nie net wagtend en verlangend nie – ook passievol,
aktief, Soekende Herder!
En Hy VIND –
ONS IS GEVIND! Die Skaap word op die
skouers van die herder getel – beteken dat die skaap aanvaar word, gevier word,
geliefd word!
Paulus skryf
later oor sy eie lewe 1 Timotheus 1:12 – 15!
GOD HET MY GEVIND! Hierdie is die
beste nuus ooit sê Paulus! Dit is die vaste grond waarop my hele geloofslewe
staan – VAS&BETROUBAAR – nie FAKE NEWS nie = God het my GEVIND! Hierdie
nuus het hom ook gehelp anders kyk na sy omstandighede gekyk het – daarom kan
hy en Silas in die tronk sit en sing…want God het my GEVIND!
Vir eerste
hoorders daar om die tafel was dit die BESTE nuus ooit! Skielik kon hulle leef as God se kinders –
hulle, die sondaars, die tollenaars, die verdwaaldes kon leef in die wete: “ek
IS GEVIND!” Jy is GEVIND! ONS IS GEVIND! Ons hoef nie ‘n las van wette en reels en
dinge te hê nie, ons kan leef!
Hulle het
gehoor daar om die tafel hulle was gevind en dit was genoeg om hul lewens te
verander, want dink bietjie terug aan jouself as jy dalk iewers verdwaal het –
om te weet jy is gevind maak jou versigtiger vir waar jy loop en wandel…want om
verlore te wees, bang, moedeloos en alleen te wees is nie lekker nie!
Ons hoor
baiekeer ek moet my hart vir die Here gee – ek moet my lewe vir die Here gee, ek
moet bekeer, ek , ek, ek…hier hoor iets anders…ons HOOR GOD KOM SOEK MY-TOT HY
MY KRY!
Skaap is nie
passief nie – as jy agterkom jy verlore is raak bang en roep om hulp…hy soek sy
pad terug, soms net lus om moeg te lê en te sê ek kan nie meer nie – God soek –
en God kry! Muntstuk nog meer passief –
wys God se hart, God se soeke na ons…
Hoe laat
hierdie nuus jou voel vandag? Is dit nie
die beste beste beste nuus nie? Wat gaan
jy maak met hierdie nuus vandag? Hoe
verander hierdie nuus jou kyk na dit wat ons doomscroll? Wie mis ons aan hierdie tafel vandag wat
nodig het om ook hierdie wonderlike nuus te hoor en saam bly te wees en fees te
vier?
Om GEVIND te
wees beteken nie ons leef in denial of in ‘n fantasie wêreld nie, ons weet die
lewe is tough en daar is iets soos foute, daar is iets soos afdwaal en verdwaal,
daar is skaapdiewe wat steel en breek – maar ons nuus vir mekaar vir die leë
plekke om die tafel is GOD SOEK…en Hy soek tot HY VIND!
EK IS
GEVIND! JY IS GEVIND! ONS IS GEVIND! Vir my is dit die BESTE NUUS OOIT!
Amen
Gebed:
Here Jesus, dankie dat U mense soek, U sit nie NET verlangend en wagtend vir ons nie, U soek, en U soek todat U kry! Dankie daarvoor Here! Here, U weet vandag watter nuus in my hart leef en hoe dit my laat voel. Dankie dat ek kan vashou daaraan dat ek tussen al die slegte nuus GEVIND is! En Here as die nuus van die dag my vandag laat afdwaal en my verlore los of laat verdwaal, dankie dat ek weet dat U my soek tot U my kry. Dankie dat U bly is oor my en dat ek saam met U aan die feestafel kan wees – ja daar is ALTYD plek vir my! Maar Here maak my hart ook die week sag vir die oop stoele aan die tafel en help my asb om my GEVIND-heid so uit te leef dat ander mense ook kan weet HULLE is GEVIND! Dankie Here vir die BESTE NUUS OOIT!
AMEN.
