Preek – 13 Februarie 2022: Blaas jy of sweef jy? – Jeremia 17:5 - 10
Verwelkoming:
Welkom by ons erediens vanoggend.
Votum:
Word rustig en dink bietjie na oor waar jy die week God se teenwoordigheid tasbaar beleef het.
Seëngroet:
Die genade, liefde en vrede van ons Here, Jesus Christus is by ons vandag hier…
Skriflesing:
Jeremia 17:5 – 10
Preek:
Voltooi die volgende sin: “ Die lewe is…”
Die lewe is vir my soms soos ‘n woestyn. Dor,
droog en dood. Verbeel jouself gou saam met my…
Jy is in
die dor Araba streek duskant die Dooie See, daar groei niks nie, grond is brak
en jy is moeg, jy kry warm, jy is honger en dors…
Soos jy
stap en rondsoek sien jy ‘n groen bossie in
die verte. Sjoe, dankie tog…bietjie skaduwee en hopelik iets te
eet… Jy stap nader en sien dan lekker vlesige vrugte…wonderlik…skaduwee
en iets sappigs vir my dors…in die karige skaduwee pluk die vrug en wanneer
jy dit oopmaak hoor jy..pppppppffffft…’n leë, droe,
dop met niks binne nie… Hoe sou jy voel?
Die Araba
is ‘n rerige plek in Israel,
naby die Dooie see se dor wildernis. En daar is ook regtig ‘n bossie wat so is – die sg. Sodomsappel.
Hierdie
harde woorde van Jeremia is eintlik ongelooflike woordspel in Hebreeus –
die bossie in Hebreeus is Arar – (Sê dit) en
die lewe wat die bos voorstel is volgens Jeremia vervloek, in Hebreeus AROER… –
(Sê dit)
Mooi woorspel
of hoe? ‘n Mens kry die gevoel dat Jeremia baie duidelik ‘n boodskap wil stuur aan die volk in ballingskap oor hoe hulle in
daardie moeilike omstandighede moet leef!
Jeremia sê daar
is baie sulke mense wat vol en gelukkig lyk, maar hulle lewe is eintlik vervloek,
want hulle hart vertrou op mense en dinge en goeters en dit maak dat hulle lewe
soos die sodomsappel leeg&doelloos voel.
As
ons in ag neem dat vir die ou Jode die hart die setel van jou gedagtes was
en nie jou emosies nie raak hierdie bitter harde woorde van hoe ons oor
die lewe DINK en AANPAK!
Want Jeremia
sê as ons op ons eie kragte en insigte wil staatmaak in die lewe, as ons ons
eie plannetjies maak en ons eie kop wil volg en nie ons gedagtes bou op die
Here nie – dan is jou lewe eintlik soos daardie sodomsappel – dit is eintlik
leeg – VERVLOEK.
Psalm 1 in
die Bybel praat ook soortgelyk oor hierdie tipe lewe – so ‘n lewe is soos kaf wat in die wind waai…
Vir
my klink dit beslis soos ‘n Vervloekte lewe. Hoekom
is dit vervloek? Voorbeeld: Pingpong balletjies, wat ek in
die lug probeer hou deur lug deur ‘n strooitjie te blaas …
Dit
is vervloek want ‘n mens raak moedeloos en moeg…jy
maak die heeltyd op my eie krag staat om die bal in die lug te hou…
In
Hebreeus vertaal vers 6 dit nogal anders – Ek raak so besig met blaas
ek sien nie meer die goeie raak nie…ek raak sinies en negatief en
hopeloos…daardie leë pffffffft gevoel is eintlik maar hoe die lewe is…en op
die ou einde leef ek van dag na dag na dag…want dit vra soveel moeite om net
die bal in die lug te hou…!
Daar is
egter ‘n ander
kant… Vers 7 en 8 onderstreep – In dieselfde
woestyn kry jy strome water of sg wadi’s. En
langs hierdie strome groei daar bome – baie met vrugte aan. Hierdie
bome druk sy wortels diep in die grond toe, water toe. En soms sien jy hoe
die wortels selfs deur rotse breek opsoek na die water – so soek die boom
die water
Die beeld
van die boom by die water sê Jeremia – is mense wat vertrou
op God en wie se vertroue God is…Wat dink julle is die verskil?
Sê gou vir mekaar?
Dit het ‘n baie
dieper betekenis, want dit gaan nie net vertrou OP nie, die Here IS ook my
vertroue, Hy IS my veiligheid en sekuriteit, my lewenswater – my lewe is
afhanklik van HOM! Psalm 1 help ons met die beeld as dit sê – Dit
gaan goed met jou as doen wat God se wet vra – Wat is die WET? Om God LIEF te Hê
met hart siel verstand en krag – My vertroue IS die Here!!
Ook hierdie
woord vir vertroue in Hebreeus, Batat – (Sê dit) –
word mooi gekoppel met die hebreeuse woorde barak – (Sê dit) wat
beteken geseënd.
Geseënd in
die Bybel beteken nie dat alles altyd met jou wonderlike sal gaan nie – nee geseënd
wees beteken jy is bewus van God, JOU GOD, se teenwoordigheid in jou
lewe, jou gedagtes, in Bybelse terme jou hart fokus op JOU God en soek JOU God
selfs in die donkerste tye, in die woorde van die boom beeld – jy stoot
jou wortels uit na die Lewende Water Jesus en jy begin groei en Leef – jy
dra vrug!
Jeremia vat
hierdie beeld van die boom baie ver…Hierdie boom is so anders as die
Arar plant wat nie die goeie en mooi meer raaksien nie – dit is geplant en
gewortel in die grond en dit soek die water – dit sien en beleef nie die
dor en droogte nie, hy raak nie bang vir hitte nie…en dit dra vrugte!
Klink dit
nie na die wonderlikste lewe nie…Die woorde nooi ons om anders te begin
dink en kies in die lewe…Hoe kry ek dit reg?
Lees wat
sê Vers 9 en 10 – die Here weet ons as mense se harte, ons gedagtes draai maar
altyd na
ons eie
plannetjies…ons harte soek maar die vervloekte, leë lewe…
Tog nooi
die Here ons uit om ons harte en gedagtes vir hom te gee om te
ondersoek. Vers 10 sê dit mooi – Die Here deursoek ons
harte en niere, ons gedagtes en gevoelens…daarom is die boomlewe by die water
so maklik as om elke dag te begin by ‘n opregte,
afhanklike gebed van Psalm 139:23&24…
Vertroue is
om te erken jy kan nie die blaas ding aanhou doen nie, jy wil sweef – ‘n Ping
pong
balletjie in die lugstroom van ‘n haardroer sweef net!
Iemand wat
so begin leef raak ontslae van die strooitjie en blaas arar lewe waar ek
myself
uitput om als
in die lug te hou en myself eintlik leeg tap en jy begin in totale
afhanklikheid in die stroom van God se genade te leef en in Sy liefde
te groei…en dan begin jy besef jy het genoeg krag en hoop om vrugte te
dra elke dag…Die lewe is maar soos ’n woestyn…dit kan dor, droog
en dood van al die blaas wees OF vrugbaar, koel en vol
lewe! Dit hang net af van of jy blaas of sweef? Watter
lewe kies jy vandag?
Amen
Gebed:
Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.
Efesiers 3:16 – 19
