Bedieninge

Omgeegroepe

Goeie verhoudings is veral die plek waar liefde groei en uitgeleef word. Daar is ‘n aantal omgeegroepe in ons gemeente wat op ‘n gereelde basis om die Bybel bymekaarkom. Ons deel mekaar se liefde, omgee en geloof en leer leef saam met mekaar as kinders van die Here Jesus.

Kontak: Ds Nico van der Walt
083 256 2014
nico@paarlbergkerk.co.za

Musiekbediening

Ons glo dat mense verander word in die teenwoordigheid van God. Daarom is musiek vir ons as 'n gemeente 'n baie belangrike instrument in ons gesamentlike aanbidding.

By ons gewone oggenddienste, maak ons van 'n volledige orkes ("band") saam met die orrel gebruik. Ons oefen Sondae-oggende voordat die erediens begin.

Ons kan altyd doen met nog instrumentaliste, sangers, rekenaar- en klankmense. Kom deel jou gawes!

Kontak: Ds Bernard Malherbe
0844028361
bernard@paarlbergkerk.co.za

BOP: Bediening aan Ouer Persone

Al is ons ouer persone net so deel van die gemeente soos enige ander lidmaat, is hulle vir ons spesiaal. Deur die jaar is daar spesiale geleenthede vir hulle soos ‘n vrugtefees, uitstappies saam met die Oase-dienssentrum, ‘n braai en ‘n erediens spesiaal vir hulle.

Kontak: Ds Hugo Biermann
084 752 0544
hugo@paarlbergkerk.co.za

Jeug

Deur die kwartaal het ons gedurende eredienstyd Kleinkerk vir ons juniors en kleuters afsonderlik. Hulle vergader ook afsonderlik in groepe om te leer en te deel en te bid. Sondagaande kom die seniors bymekaar tydens Revolusie. Daar loof en aanbid ons die Here en kom daarna ook in groepe saam om die Woord. Deur die jaar word daar ook jeugfeeste, kampe, uitstappies en uitreike vir ons jeug gereël.

Kontak: Ds Nico
083 256 2014
nico@paarlbergkerk.co.za

Getuienis

Ons Getuienisbediening wil die gemeente begelei en mobiliseer om by die geestelike en materiële nood in ons gemeenskap betrokke te raak. Ons vergader een ker per kwartaal om ons inisiatiewe te beplan. Elke kwartaal van die jaar word ons projekte gekoppel aan 'n spesifieke tema (Jeug/Opvoeding, Armoedeverligting, Ekologie en Bejaardes). Wees op die uitkyk vir geleenthede om saam 'n verskil te maak, of sluit aan by die span!

Kontak: Ds Bernard Malherbe

0844028361

bernard@paarlbergkerk.co.za

Eredienste

Ons het dwarsdeur die jaar eredienste soggens om 9 vm. Tydens ‘n gewone erediens aanbid en prys ons die Here, leer uit die Woord, bid saam en bedien ook die sakramente van die doop en die nagmaal. Omdat almal se musiekstyl en smaak nie dieselfde is nie, maak ons ruimte vir almal deur om die beurt begelei te word deur ‘n orkes en ook ‘n orrel. Soms vier ons fees (elke kwartaal). Musiek, projektor en klank is van die gawes wat ons hier benodig.

Kontak: Kerkkantoor
021 872 8072
skriba@paarlbergkerk.co.za

Gawe-bedieninge

Ons ervaring is dat mense groei in hulle liefde vir die Here deur veral hul gawes te gebruik om diensbaar te wees. Ons maak gebruik van mense se gawes by die Simboliekbediening, Erediensbediening (klank, musiek, inrigting van die eredienste) en Gebedsbediening. Ook as leiers op die kerkraad, blokke en ander bedieninge.

Kontak: Ds Nico van der Walt
083 256 2014
Nico@paarlbergkerk.co.za

css.php