Preek – 22 Maart: Wat sien jy? – Joh 9:1-17 (41)
Voorbereiding:
Steek gerus ’n kers aan as teken van die Here se teenwoordigheid.
Stilword:
Luister na hierdie lied (Grace and Peace deur Fernando Ortega), raak rustig, en ontvang die toesegging van die Here se seën:
https://www.youtube.com/watch?v=2OcaZG_EPZk
Verootmoediging:
Iemand lees die volgende verse uit Ps 51:
3 Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! 4 Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde!
7 Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het. 8 Maar U verwag opregtheid diep in ‘n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.
12 Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. 13 Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! 14 Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien.
18 ‘n Offer vra U nie, anders sou ek dit bring; ‘n brandoffer wil U nie hê nie. 19
Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God. 20 Laat Sion u liefde en u goedheid ondervind: herbou tog die mure van Jerusalem.
Lof:
Sing saam met Retief Burger “God is liefde”!
https://www.youtube.com/watch?v=CPJeDvM1-90
As julle lus het vir langer saamsing, kry lekker bekende, Afrikaanse saamsing-liedere hier vir sang van so 10 min:
Lees Joh 9:1-17
Kyk/ luister die Boodskap:
Sang:
Luister/sing gerus hierdie wonderlike Psalmverwerking as afsluiting (Prys die Here o my siel):
https://www.youtube.com/watch?v=8fT8TmX98uU
Sluit af deur saam te bid:
Vir verdere studie/gesprek:
Wat het jy ontdek/geleer oor jouself en God?
Hoe verander dit jou?
Waaraan wil jy vashou?
Die sewe “tekens” in die Johannes evangelie wat ons wys op die identiteit van Jesus is die volgende:
- verander water in wyn (hoofstuk 2)
- genesing van die amptenaar se seun (hoofstuk 4)
- genesing van die verlamde by die bad van Betesda (hoofstuk 5)
- kos vir die 5000 (hoofstuk 6)
- loop op die see (hoofstuk 6)
- genesing van die blinde (hoofstuk 9)
- opwekking van Lasarus (hoofstuk 11)
Let op die tekens voor en na die ons gedeelte: Hoe hou hulle verband met mekaar? Wat sê dit oor die identiteit van Jesus?
Lees die hele hoofstuk. Let op die volgende ontwikkelinge:
Daar is ten minste 7 tonele in hierdie verhaal, en elkeen toon die konflik tussen wie “sien” en nie “sien” nie…
- Die dissipels vra Jesus oor die oorsaak van die man se blindheid.
- Jesus maak modder en herstel die man se sig.
- Die man gaan was homself in die Siloambad (let die betekenis daarvan!) soos Jesus hom beveel het. Die mense twyfel aan sy identiteit.
- Die Farisiëers roep hom in vir ondervraging. Hulle twyfel aan Jesus se identiteit.
- Die Farisiëers roep die man se ouers vir ondervraging. Hulle wil nie in die moeilikheid kom nie en gooi die bal terug aan hulle seun.
- Die Farisiëers ondervra die man ’n 2de keer. Hy daag hulle vrae uit. Hulle wyer om te “sien” en jaag hom en ban hom uit die sinagoge.
- Jesus volg op met die man. Hy glo en aanbid Jesus. Hy “sien” en die Farisëers bly “blind.”
Hoe sien jy/julle jou/julle eie “struggles” en geloofsgroei hierin? Op watter belangrike oomblikke moes jy leer om God op nuwe maniere te sien?