Paarlberg Diens vir Bejaardes:  27.10.2024

Die Hand Wat Help – Markus 1: 29 – 39

 Hierdie verhaal van Jesus se optrede is spesiaal gekies.  Want namate jy ouer word, raak jou eie siektes en mankemente net al meer.  En daar kom ‘n hele klomp ander dinge ook by.  Jou vriende en familie het al minder geword.  Soveel van hulle, selfs lewensmaats, is nie meer met ons nie.  Jy voel al meer onveilig namate jy besef dat jy ‘n sagte teiken geword het.  Ek self voel al meer onmagtig, want ek kan nie meer byhou met al die nuutste ontwikkelinge van my selfoon nie.  Die ding het gewoon te slim geraak vir my.  En baie van die ou bekende programme van my rekenaar gesels nie meer saam met sy nuutste opgraderings nie.  En nou het ons nog nie eers gespraat van die politieke situasie nie.  En die ekonomiese!  Het u ook al ’n vreemdeling op dié wêreld begin voel?

Daarom het ons dié verhaal van Jesus se optrede gelees.  Hier word ‘n paar dinge genoem wat ons,  die ouer persone, baie mooi moet raaksien.  Dit wil met ons praat.  Ons versterk en op koers plaas.  Daarom:  Net ‘n paar opmerkings. 

  Opmerking 1:  Die hand reik uit na die Siek Vrou. 

As Jesus uitreik na Petrus se siek skoonma, dan sien ons sy medelye met mense.  Hy tree in, reik uit na mense in nood.  Siekte.  In vervreemding.  In die noute.  Selfs Duiwelbesetenheid.  Hy tree in.  Vir ons.

Kyk mooi hoe Hy dit doen.   Hy gaan na haar toe.  Vat haar hand.  Help haar regop.  (Later: “hele dorp”, “allerhande kwale” “baie duiwels”)

Nie koud en afgetrokke.  ‘n Groot stuk persoonlike betrokkenheid.  Intimiteit.  Meer as simpatie.  Empatie.  (Simpatie: Ek is jammer.  <==> Empatie: Ek is jammer + Ek is hier.)

Nou:  baie belangrik.  Ons dink soms aan Jesus as die vriendelike Een; maar God (Vader) = strenge, strakke Heerser wat gereed is om toe te slaan op ons geringste foutjie.

Vergeet dan: Jesus het juis die Vader aan ons kom openbaar.  Kom wys hoe God oor ons voel; vir ons optree.

Joh 14: 7 As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”

9 Wie My sien, sien die Vader

Sien asb die Vader raak!  Sy empatie; sy gesindheid teenoor ons.

Daar is ‘n paleis in Rome met ‘n baie hoë koepel.  Die hele binnekant van die  koepel is ‘n pragtige skildery van Guido Reni:  Die Dagbreek.  Maar die probleem is, die koepel is so hoog dat dit baie moeilik is vir mense met stywe nekke om dit te kan sien.

As oplossing het hulle ‘n tafeltjie onder die koepel gesit en ‘n spieël daarop.  Al wat mense soos ek nou hoef te doen, is om af te kyk na die spieël en dan sien jy die volle skildery in al sy glorie.

 

Nou, voor Jesus gekom het, was dit baie moeilik om God in sy liefde te sien.  Maar na sy koms, was dit asof ‘n spieël voor ons oë neergesit is om beter te sien en verstaan.  In Jesus sien ons die perfekte weerkaatsing van die Vader se aard, karakter en houding teenoor ons.

Onthou u nog Joh 3:16?   God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Opmerking 1: In Jesus sien ons die liefdevolle Vader wat werklik vir ons omgee; spesiaal na ons uitreik; teen ‘n geweldige prys.

En as God so na ons uitreik, beteken dit soms dat hy ons probleme oplos en verwyder.  Soms, maar nie altyd nie.

Dikwels werk Hy deur die krag van liefde.  Ons hoor dat God se krag ook in menslike swakheid volbring word.

Ons hoor dit die duidelikste in Rom 8:37-39.  Wanneer Paulus al die gevare begin opnoem wat gelowiges op aarde bedreig – soos benoudheid of vervolging,  of honger of naaktheid, of gevaar of swaard – dan skryf hy ook dat hy oortuig is niks sal ons kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus is nie. 

Daarom gee die Here nie altyd wonderwerke wanneer Hy ons sterk wil maak nie.  In Romeine 5:5 lees ons dat God deur sy Gees liefde in ons harte uitstort om ons staande te hou in situasies van swaarkry en beproewing.

Só, dit kan ek weet wanneer ek met swaarkry en mankemente die toekoms ingaan, ek doen dit terwyl God in liefde na my uitreik sodat die vrede wat alle verstand te bowe gaan in my kan heers.

Dis opmerking 1. 

Dan die 2e.  Want onmiddellik na Jesus haar opgehelp het, raak nog ‘n hand aktief.

Resultaat wat kom waar iemand se hand deur God  aangeraak is.  Begin dien!

Vs 31 “en sy het hulle bedien”.

Spontaan soos huisvrou maak: kos gee; iets om te drink.  Slaapplek voorberei.  Jy kan maar sê: doodgewoon.

Sommige sal hieroor dink: Dis ‘n tipe diens van mindere belang.  Soos koeksisters bak.  Basaarwerk.  Eintlik soek ons in die kerk ‘n ander tipe diens: hoër.

Nogal interessant: Woord wat hier vir “dien” gebruik word (δίηκονείν) – nog 2 keer in Markus-Evangelie.  Mark 1:13.  die engele het Hom (Jesus) versorg.

Om te dien is nie “common” nie  — selfs engele doen dit!  Beslis nie van laer gehalte as ander soorte meer deurlugtige diens in koninkryk nie!

Broer Lawrence  – gebed dat hy selfs die nederigste takies in die klooster se kombuis sal kan doen spesifiek vir die Here.  Omdraai van die eier in die pan; was van die borde en messegoed; uitvee en skoonmaak van die vloer.  Voortdurend: Vir die Here!

Hier: groot les vir ons wat soms dink: Ek is maar ‘n tweederangse mens, want ek het darem maar nederige talentjies ontvang.  Nee, jou talente, jou gawes is baie NB!

Die neerhalend praat van vroue wat koeksisters en tertjies bak vir kerkbasaar  — in teenstelling met dié wat voorbidding doen, uit Bybel lees, in die kerkraad dien, of op die preekstoel staan.

2 Dames in ons gemeente, Mymie & Aletta: elke maand vou hulle Die Bouer;  gereeld maak hulle kombuis en eetgerei skoon.     Hulle taak is net so NB as dié van enigiemand anders in die gemeente.

Arbeider met kruiwa op terrein waar katedraal gebou word.  “Ek is besig om ‘n nuwe katedraal te bou tot eer van God.”

Bruce Thielemann, predikant van  First Presbyterian Church in Pittsburgh, vertel van ‘n lidmaat wat vir hom gesê het: “Julle predikers praat dikwels oor offers gee.  Dis natuurlik skotteltjie teologie.”

Thielemann vra toe: “Skotteltjie teologie?  Wat is dit?”

Die lidmaat antwoord:  “Onthou wat Pilatus gedoen het toe hy Jesus kon vryspreek.  Hy het ‘n skotteltjie laat naderbring en voortgegaan om sy hande van die hele probleem te was.  Maar die nag voor dit het Jesus ook ‘n skotteltjie geneem en toe voortgegaan om sy dissipels se voete te was.

“Julle preek baie oor offers, maar alles kom neer op dié eenvoudige vraag:  Watter skotteltjie gaan jy gebruik?” 

Diens = liefde met werksklere aan. 

Gewone  mense op buitengewone maniere.

Elizabeth Pilenko  —  konsentrasiekamp in Ravensbruck.  Groot gebou.  Badkamers!  Eintlik gaskamers.

Op ‘n dag is ‘n paar dosyn gevangenes uit die vroueafdeling teen ‘n muur buite die gebou aangetree.  Een van hulle, ‘n jong meisie, het histeries begin huil.  Toe sê Elizabeth, wat nie aangetree is nie:  Moenie bang wees nie, kyk, ek sal vandag  jou beurt vat.”  En toe die deure oopgaan, het Elizabeth in haar plek saam met die ander ingegaan.  Om nie weer gesien te word nie.

Dit was op Goeie Vrydag – ‘n paar dae voor die einde van die 2e Wêreldoorlog.

Opmerking 2: Die woorde van Jesus:  Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.  Joh 15:13

 

Diens!  Eenvoudig.  Deur mense met gewone hande op buitengewone maniere.

Dan kom die 3e opmerking.  Weer gaan dit oor hande.

Hande wat in gebed saamgevoeg word, as Jesus in die nag alleen gaan bid.

Duidelik ‘n gereelde ding dat Jesus in nag eenkant toe gaan om te bid.   Dikwels gemeld in Evangelies.

Hoekom doen Hy dit?  In Joh 5:19 gee Hyself ‘n verklaring: Hy sê:  Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so.

Gebed = sy manier om te kyk wat die Vader doen!  Om in lyn te kom met die planne van die Vader.

Nog duideliker hier in Mark 1: Totdat Hy gaan bid — nog besig om wonders te doen, Siekes gesond, Dowes laat hoor, Duiwels uitdryf.

Na gebed — toe dissipels Hom kry, sê hulle:   Almal soek U.” 38 Maar Hy antwoord hulle: “Laat ons êrens anders heen gaan, na die nabygeleë dorpies toe, sodat Ek daar ook kan preek, want daarvoor het Ek gekom.”

Gebed in afsondering = tyd met die Vader — sodat Hy die Vader duidelik kan hoor en op die Vader se plan vir Hom kan fokus.

Wanneer ons met oop ore bid, kom ons in lyn met God se plan vir ons lewe. 

LW: Gebed is nie maar net om met jou inkopielys voor God te gaan staan nie.  (Natuurlik ook plek vir voorbidding en eie pleitinge.)  Gebed = baie groter as net dit.  Gebed is veral om met jou leë hande voor God te staan en sy plan vir jou lewe te ontvang terwyl jy luister na die Woord.

Jesus was dikwels ook aan versoeking onderwerp.  Soos om af te wyk van God se plan en liewer te konsentreer op wat die mense wou hê Hy moes doen.  (Dan Hy die groot Wonderdoener.  Soos die duiwel wou hê Hy moes wees).  Sy lewe en werk word dan bepaal uit die wonderlike manier waarop Hy onder mense optree.

Maar na gebed, nadat sy fokus op God se plan verskerp is, kies Hy om juis dit te gaan doen waarvoor Hy gestuur is.

LW: Implikasies vir elke gelowige se praktiese diens aan God.

  1. die stilword voor God, die luister na God = absoluut noodsaaklik.
  2. Gebed as Fokus op God se plan.

Beteken soms:  téén mense se planne. Ook my eie!  Moontlik selfs kwaad.  Moontlik ander idees oor wat leraars en gemeentes eintlik behoort te doen. 

Doelbewuste keuse: Luister na wat God wil hê ons moet doen en voer dit dan uit.

Gebed met oop ore is die manier om aan ons verhouding met God te bou.   Om op ’n egte wyse met God om te gaan.

Om te luister terwyl ons bid, is om te verander.  Gebed is dié kanaal wat God gebruik om ons te verander.  As ons leer luister na God, sterf ons aan die self en fokus ons al meer op Hom en sy Groot Raadsplan. 

Opmerking 3:   Gevoude hande in biddende luister na God om op Hom te fokus.  Dan begin ons help soos God alleen kan help.

                             AMEN

css.php