Wie, sê julle, is Ek?

“Wie sê julle is Ek?”

28 Mei 2023

Votum/seëngroet:

Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”

Jesus is Here, Jesus is hier…

Gebed:

Kom Heilige Gees…

Skriflesing:

Verskeie

Preek:

As ons nie weet wie Jesus is nie, weet ons nie wie ons is nie. As ons Jesus verkeerd kry, of Hom vervang met ander goed, of onnodige ekstras bysit, dan kry ons alles verkeerd. Ons kerkwees, ons bediening, ons manier van kyk na dinge, ons hele lewe. In hierdie Pinkstertyd het ons probeer om weer nuut na Jesus te kyk – na dit wat ons dink ons geweet het en hopelik na ’n paar goed wat ons nog nie geweet het, of ten minste nie deelgemaak het van ons lewe nie. En natuurlik was die doel nie om interessante nie feite oor Jesus te leer nie, maar om opnuut te besluit, wat maak ek van Hom, hoe wil ek reageer op Hom?

Fil 2

9Daarom het God Hom

ook tot die hoogste eer verhef

en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is,

10sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is,

die knie sou buig,

11en elke tong sou erken:

Jesus Christus is Here!”

tot eer van God die Vader.

Jesus sê vir sy dissipels wie my gesien het, het die Vader gesien (Joh 14:9). God self.

Fil 3

7Maar wat eers vir my ‘n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, 8ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry 9en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. 

Ons het probeer om te laat reg geskied (en dit is onmoontlik!) aan al die beelde, prente, name en stories wat oor Jesus in die Bybel na ons toe kom. En daar is ’n rede dat dit so gevariëerd en ryk geskakeerd is. Want so groot is Jesus, en so divers is ons, ons omstandighede en ons tye. Ons het al vier die evangelies met hulle perspektiewe en klemme en invalshoek, nodig; al die name, al die getuienisse. Want dit is hoe ’n verhouding is – en dit is wat ons nastreef. ’n Verhouding met die lewende Jesus Christus, as unieke persoon, met ons unieke gemeente, op ’n spesifiele plek, tyd en te midde van spesifieke uitdagings. 

Maar as ons moet prober saamvat, is hierdie dalk die beste maniere:

Die stasies van sy lewe:

  1. Sy menswording raak aan ons verlange na God: God raak mens en kom woon onder ons. Hy verenig soos nog nooit vantevore met sy skepping en begin die proses van sy nuwe skepping. Jesus word gebore. Hy buig af na ons. Hy heilig ons gewone lewe. Alles wat Hy gemaak het, is goed.
  2. Sy aardse lewe en bediening, raak aan ons gesukkel met die lewe. In Hom is God se koninkryk naby. Vernuwing, genesing, vergifnis, heelheid, is moontlik as jy glo in Hom en volg in sy voetspore.
  3. Kruisiging raak ons vrae oor lyding, boosheid en skuld. Wat lyk na die grootste hartseer en verloor, raak God se oomblik van oorwinning en krag. Ons is verlos van ons grootste vyande. Hulle mag is gebreek!
  4. Opstanding: ons vrees vir doodloopsituasies en vir die dood. Die punt waarop alles draai. Hy lewe weer. Alles wat Hy gesê en geleer het is waar. Hy is die Christus, die Messias, die Redder en die Verlosser.
  5. Hemelvaart: ons soeke na ’n betekenisvolle lewe, nou. Jesus, die nederige, sagmoedige, gekruisigde is Koning, Here! Hy neem die ereplek langs God in. Alles gesag in die hemel en op die aarde is nou aan Hom gegee. Die pad na God se heerlikheid loop deur selfopofferende liefde.
  6. Wederkoms: ons angs oor ’n onseker toekoms. Jesus kom weer. Hierdie tragiese verloop van die geskiedenis sal iewers gestop word. Alles sal reg en goed wees, geen bedreiging meer nie, as God se koninkryk finaal deurbreek, as die nuwe skepping in sy volheid kom. 

’n Ander manier om die volheid van Jesus en sy werk saam te vat, is gebaseer op die drie belangrikste ampte in die OT wat almal vir hierdie belangrike werk gesalf moes word, en wat Jesus almal volgens die NT kom vervul: Profeet, Priester en Koning:

  • Profeet: Hy verkondig die waarheid, die wil van God, relevant vir die tyd, wat mense moet hoor. Hy roep mense om te luister, om te reageer, om hulleself te bekeer. (Bekeer julle…)
  • Priester: Versoening. Hy tree vir die mense in by God. Bemiddel vir die vergifnis van hulle sonde. Maak die verhouding weer heel en lewegewend. 
  • Koning: Hy beliggaam God se heerskappy. God is nou self by sy mense, teenwoordig as hulle koning. En jy kan in sy koninkryk ingaan as jy gewillig, deur geloof, sy heerskappy oor jou lewe aanvaar. Gesag is syne, die oorwinning is behaal en jy kan daarin deel. 

’n Laaste manier hoe ons dinge gaan probeer saamtrek, is deur Jesus se kernbelangrike woorde in Joh 14:6

Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. 

In Joh kry ons hierdie 6 “Ek is” uitsprake van Jesus. Soos Jahwe Homself aan Moses bekend gestel het: “Ek is wat Ek is…”. 

Ek is die Lig vir die wêreld, die Ware Wynstok, die Brood wat lewe gee, die Goeie Herder…

Weg: As Jesus oor Homself as die weg praat, dan is dit elke keer in antwoord op die dissipels se vraag oor die uiteinde, die bestemming, waarheen is ons op pad? In daardie tyd was die weg gewoonlik ’n verwysing na ’n spesifieke lewenswyse (amper soos die juk – jou stel reels en beginsel, waardes en leerstellings waarvolgens jy leef.)

Daarom is die merkwaardig dat Jesus nie na sulke dinge verwys nie, maar na Homself; Hy self is die weg! Die weg is ’n nuwe verhouding met Hom; ons het ’n Metgesel wat ons nooi om sy pad saam met Hom te stap. 

So waarheen lei hierdie weg: “Niemand kom na die Vader toe, behalwe deur my nie…”

Dit beteken meer: die weg na die Vader toe, is ook die weg na die waarheid en die lewe!

Waarheid en lewe is twee baie belangrike temas in Johannes. Dit is twee van die grootste skatte waarna ons soek in ons lewe op aarde. 

Wat is die waarheid? Op ’n manier draai ons hele lewe daarom. Ons wil weet wat is waar. Daarom gaan ons skool toe en studeer ons, want as iets nie waar is nie, is dit irrelevant, betekenisloos en self gevaarlik.

Waarheid is ook baie belangrik as dit by geloof en God en die kuns van die ware lewe kom. In die Bybel staan die waarheid teenoor die leuen, teenoor die valse gode wat hulself as ware gode voordoen wat iets vir jou kan bied wat saakmaak, maar dit nie regtig kan doen nie. Hulle maak vals en gevaarlike beloftes. 

Jesus is die Waarheid. Al die skatte van wysheid en kennis is in Hom. Hy weet meer oor die wetenskap as die wetenskaplikes en meer oor die Menslike siel as die sielkundiges (Hy deel sy kennis met hulle en ons het hulle nodig!). Dit is ’n lewende waarheid – dit neem ons hart, siel, verstand en al ons krag in besit. Dit is in die misterieuse eenword met Jesus – die bewandeling van sy weg. 

’n Ander groot behoefte in ons is om die lewe te mag ontdek en te mag leef.  Ons soek na liefde, vervulling, betekenis, geluk, vryheid. Ons hunker na ’n goeie, geseënde lewe!

Joh 10:10

Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

Al hierdie dinge vind ons in Jesus. Hy is groot genoeg. Hy is ons Goeie Herder en ons kom niks kort nie. 

In Joh 10:7 noem Jesus ook Homself die deur vir die skape. ’n Deur neem ons van een ruimte na ’n ander. Jesus is die deur waardeur die skape ingaan na die veiligheid van die kraal: “As Iemand deur my ingaan, sal Hy gered word.” Hy is egter ook die deur waardeur die skape uitgaan na buite. Buite vind die skape weiding. Jesus is nie net die geheim van ’n veilige, geborge, verloste lewe by God nie, maar ook die geheim van ’n geseënde lewe in die wêreld daarbuite. 

Mat 16

Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?”

14Hulle antwoord: Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.”

15Maar julle,” het Hy gevra, wie, sê julle, is Ek?”

16Simon Petrus het geantwoord: U is die Christus, die Seun van die lewende God.”

Wat sê jy?

Mag sy lig nog keer op keer op jou val op jou eie Damaskuspad en jy aanhou vra:

Hand 9

5Wie is U, Here?” vra hy toe.

Ek is Jesus,” antwoord Hy. 

En mag jy al hoe meer ontdek wat dit beteken en wat Hy gedoen en wie Hy is…

Gebed:

The Magdalenes Blessing
For Easter Day

You hardly imagined
standing here,
everything you ever loved
suddenly returned to you,
looking you in the eye
and calling your name.

And now
you do not know
how to abide this hole
in the center
of your chest,
where a door
slams shut
and swings open
at the same time,
turning on the hinge
of your aching
and hopeful heart.

I tell you,
this is not a banishment
from the garden.

This is an invitation,
a choice,
a threshold,
a gate.

This is your life
calling to you
from a place
you could never
have dreamed,
but now that you
have glimpsed its edge,
you cannot imagine
choosing any other way.

So let the tears come
as anointing,
as consecration,
and then
let them go.

Let this blessing
gather itself around you.

Let it give you
what you will need
for this journey.

You will not remember
the words—
they do not matter.

All you need to remember
is how it sounded
when you stood
in the place of death
and heard the living
call your name.

—Jan Richardson

Tyd vir stilte:

Video: Strangers dancing in puclic – dit is wat Jesus vir ons doen – gee ons ruimte om te dans in hierdie regte wêreld!

Doop: Ons leef ons hele lewe in hierdie spanning – My Here en my God vs Wie is U, Here?! Dit is groei… Dit is hoekom hierdie oomblik so belangrik is. 

Noah Matthysyn

Nagmaal: Wat beteken dit om deel te neem aan Jesus se liggaam? Dit is sy liggaam in die tekens. Ons is sy liggaam. Ons kry deel aan Hom en Hy aan ons. 

Sakramente is sintuiglike ervarings – let op wat jy ruik, en proe en voel…

Gee jouself opnuut aan Jesus…

css.php