Preek – 4 Desember 2022: God se Kerskaartjie – Sefanja 3:14 - 20
Verwelkoming:
Welkom by ons erediens. Dit is baie lekker om saam met almal hier te wees.
Skriflesing:
Preek:
Wie
hou van Kerskaartjies…? Hoekom? Lekker gevoel…iemand dink aan my.
In
Sefanja se tyd was daar klomp morele en godsdienstige verval, dinge was baie
sleg, orals was daar slegte nuus, selfs vir gelowiges is daar gesê om op te hou
hoop.
Én
toe kry hulle in die trooswoorde van Sef 3:14-20 wonderlike nuus – so asof dit ‘n
Kerskaartjie van God af is, wat hulle hele uitkyk verander het. Toe kon
gelowiges mekaar en die wêreld in die oe kyk met HOOP!
Vandag
loop dinge ook nie altyd so lekker nie – Ekonomie, politiek, algehele downness&Wêreld
vra baiekeer waar is julle God, Christene? En selfs in kerkkringe word God se teenwoordigheid
en Sy onvoorwaardelike liefde en genade bevraagteken. As God ‘n Koning van HOOP is waarom lyk die
kerk so?
Ek
dink ons kort ook weer daardie Kerskaartjie gevoel en julle? Daardie wete dat iemand aan jou dink en dat
jy vir hulle spesiaal is…nie net ‘n WhatsApp boodskap of voice note nie – ‘n
kaartjie…
Vandag
in die teksgedeelte stuur God in ’n tyd soos hierdie waar ons ook dalk moedeloos
en moeg is, waar ons HOOP-loos is na ‘n moeilike jaar, ook vir ons ’n Kerskaartjie vol HOOP
wat uitstaan tussen al die ander Kersboodskappe wat jy gaan kry, want ons kan hierdie
kaartjie heeljaar lees – elke oomblik van elke dag – verkieslik eerste ding in
die môre en laaste ding in die aand, maar sommer ook enige tyd in die dag ook.
Op die voorblad van die Kerskaartjie
van ons Pa God af, staan:
Wees met alles wat jy is, vrolik en
bly
Moenie bang wees nie
Moenie dat jou hande slap hang nie!
Hoekom
dit? Dit klink net soos enige goedvoel gevoelskaartjie? Is hierdie net leë woorde en beloftes?
Wel,
wat ons aan die binnekant lees, laat jou en my die buitekant van die
Kerskaartjie verstaan.
In
die binnekant ontdek jy iets van jouself en van God.
Daar staan in die binnekant van die
Kerskaartjie van ons Hemelse Pappa God af die volgende:
Ek vol vreugde oor jou
Ek is maak jou stil met My liefde
Ek skryf en sing ’n blydskapslied oor jou
Van
Immanuel, jou Held wat red
Wat
beteken dit? Dalk help hierdie quote ons:
“One of the meanings of Christmas is that God does not want to hurt me, or you
– just loves us. God comes to us with the message of love, not wrath.”
(Anoniem)
God
se Kerskaartjiie help ons vanoggend om te besef die boodskap wat oor jou hele
lewe geskryf staan is…
“Ek
is vol vreugde oor jou…”
“Ek
maak jou gejaag en gesoek en hopeloosheid stil met My liefde”
“Ek
is die God midde jou” – God BY ons!
Sjoe
– watter ongelooflike woorde is dit nie – woorde wat ons met HOOP kan vul soos
vir die volk eeue terug. Met die wete dat
ons God ons so liefhet, dat Sy liefde ons lewens VUL – dit is die beste
kerskaartjie nuus ooit!
En
jou doop is die teken daarvan!
Daar
is deesdae al meer klem op dit wat ONS moet doen in die geloof, wat ONS moet
bereik in die geloof en ons mis God se liefde – daarom sukkel baie van ons om
die die doop te verstaan.
Ons
doop is ‘n plek waar ons elkeen ‘n unieke, superspesiale teken kry van God
self…op ‘n oomblik van ons lewe waar ons nie veel self kan doen nie. Dit is ‘n
oomblik in iemand se lewe waar God in Sy genade na klein klein mensies kom…en
sê: Ek het jou lief…Ek jubel en ek juig
oor JOU!
Die
wete gee ons HOOP, want die fondasie vir ons elkeen se lewe is dat ons
BEHOORT!
Wow,
kan dit wees dat God vir jou en my wat baiekeer alles wil afbreek en laat val
steeds lief kan wees? Vir ons wat al
jare gestap het en voel God het my vergeet…vir my wat ‘n geskiedenis het en
foute gemaak het en elke keer as ek hier instap voel ek is nie goed genoeg nie…Ek
is nie goed genoeg vir die Kersboodskap nie…vir my wat vanoggend sit en twyfel
of God selfs bestaan…?
As
ons dalk so dink ko mons dink net weer oor die Kersverhaal – God Sy skep en spreek deur Sy Woord, en daardie
Woord word later ’n baba?
’n Kind
word met ’n loflied
aangekondig, nie met donderweer en weerligstrale van ’n oordeelswoord nie. ’n
Kind word gebore by flou lig, in die stilte van die nag , in plaas van ’n Woord
wat die berge skud, wat riviere van lava oor die berge afvloei. Die Woord word
’n kind,
wat aangeneem kan word en nie ons kan seermaak nie – ’n Woord wat ons nie kom
bangmaak nie.
Mense
is baiekeer gereed vir God se woede en glo God is geregtig daarop om so oor
mense te voel. Daarom wil ons perform en
wys ons verdien Sy liefde e genade…en soms, soms is dit juis hierdie soeke,
hierdie strewe wat ons so moeg en moedeloos maak oor die lewe en selfs oor God
ons twyfel en worstel en vra vrae…wat ons HOOP steel!
Wat
egter so merkwaardig is, is wanneer Hy onder ons bly, ongeag hoe ons Hom
seergemaak het, kom Hy na ons in liefde, selfs as ’n Kind wat vatbaar en broos is vir ons verdere seermaak.
Hoe kan dit wees, Here? wil ons vra. Kyk wat doen ons
soms. Kyk hoe vloek en skel en twyfel
ons soms…
Dis waar Sy genade in kom…ons maak reg vir ‘n Fight
song reg om te baklei en alles te wil laat val, maar God kom in Sy Seun Jesus
en gee genade op genade…laat Hy die mure val en kom oorlaai, oorval my met Sy
liefde!
Met
hierdie wonderlike wete gaan ons ook nou vanoggend weer ons doop saam vier…Dink
terug aan jou eie doop…Vat aan jou voorkop en lees jou Kerskaartjie van God af – heeljaar., dan
sal jy ook ervaar…
Wees met alles wat jy is, vrolik en
bly
Moenie bang wees nie.
Moenie dat jou hande slap hang nie!
Ek is vol vreugde oor jou,
Ek maak jou lewe stil met My liefde,
Ek skryf en sing ’n blydskapslied
oor jou
Van
Immanuel, jou Held wat red.
Amen
