Erediens, 13 November 2022:"Kosbare Knus Kaaskrul" - Numeri 6:23 - 27

Verwelkoming:

Welkom by ons erediens.  Dit is baie lekker om saam met almal hier te wees.

Votum:

Sê vir jouself hardop – Die Here is hier!  Ek is geseënd in Sy teenwoordigheid. Amen

Seëngroet:

Liewe vriende die Here groet ons vandag as Hy sê dat Sy genade, Sy liefde en Sy vrede HIER by ons is vandag.  Amen

Skriflesing: Numeri 6:22 – 27 (20220 vertaling)

22Die Here het met Moses gepraat en gesê: 23 “ Praat met Aäron en sy seuns en sê, ‘So moet julle die Israeliete seën; sê vir hulle:
24“ ‘ Mag die Here jou seën
en jou beskerm.
25 Mag die Here sy aangesig oor jou laat skyn
en jou genadig wees.
26 Mag die Here sy aangesig na jou toe oplig
en aan jou vrede gee.’ ”
27 “So moet hulle my Naam op die Israeliete lê, dan sal Ek self hulle seën.”

Preek:

Kaaskrulle –      Wie hou van hulle?

Paar dinge van Kaaskrulle wat my altyd opval:

·       Vorm – smile

·       Sag – smelt

·       Almal kan sien geëet – gesig/vingers!

 

‘n Seën is vir my baie soos ‘n kaaskrul:
·       Laat mens smile

·       Laat my knus en veilig voel

·       Almal veronderstel om te sien – Sien baiekeer op sosiale media mense post #blessing!

 

In die Bybelse tyd was seën ‘n algemene ding:

·       Pa’s seën kinders – Isak met Jakob en
Esau
Jakob se seuns en dogters

·       Moses seën die volk 

·       Dawid en Jonathan seën mekaar

·       In die Nuwe Testament seën Jesus Sy dissipels

·       Paulus seën die gemeentes aan einde van omtrent al sy briewe!

 

 

Wat is ‘n seën – Dit is ‘n bede dat God BY mense sal wees!

·       Goed mag gaan – smile

·       Veilig hou, knus

·       Almal dit sal sien in hulle lewe

·       ‘n Seën is soos ‘n KAASKRUL!

 

Anderkant van seën is natuurlik vervloeking en dit is weer ‘n bede dat      God nie teenwoordig sal wees nie!

 Elke Sondag kry ons as gelowiges aan die einde van ‘n diens een van die mooiste seëninge.  Daar is selfs ‘n  mooi liedjie oor hierdie liedjie geskryf.  Die Priersterlike seën van Numeri 6.  Soms kry ons ‘n ander seënbede ook op ‘n Sondag, maar besef ons die impak van die woorde van die seën – hoor ons dit net of vat ons dit en maak dit deel van ons lewe soos iemand ‘n kaaskrul eet?

 

Kom lees weer hierdie seën saam: Lees Numeri 6:23 – 27

Partykeer verstaan ons nie altyd die woorde nie so kom ons lees ‘n paar ander vertalings om die dieper betekenis te ontdek:

Die Boodskapvertaling:

Die Here sal julle seën en julle oppas. 25Die Here sal met deernis na julle kyk en baie goed vir julle wees. 26Die Here sal julle gebede beantwoord en vir julle vrede gee.

The Message:

God bless you and keep you,
25 God smile on you and gift you,
26 God look you full in the face
and make you prosper.

 

As ons die drie vertalings lees, wat word hier gevra:

Eerste lyn – God se beskerming, Hebreeus “Sjamar” – Spreuke 14:27 – Die Here is ‘n veilige vesting” – Die Here bewaar en beskerm ons.

Tweede lyn – God se
teenwoordigheid en goedheid – God glimlag oor ons (The Message).  Nie altyd goed gaan en goeie dinge nie, maar ons Vader is bly en opgewonde en gee vir ons elke dag genadegeskenke – asem, gesondheid, werk, kos, skool – al daardie wonderlike voorregte wat ons as van selfsprekend aanvaar!

·       Derde lyn – God se

vrede – Hierdie is nie sommer enige vrede nie.  Dit is ‘n spesiale vrede – “shalom” vrede.     Knusheid – volheid, warmte van God beleef en uitleef!  ‘n Vrede wat daardie hongerte en soeke hierbinne ons almal stilmaak en vul!

 

Die belangrikste ding van HIERDIE seën is die NAAM – HERE!.  Die naam dui op die Commitment/verbond wat die Here met ons kom sluit het – Die naam dui ook op die God wat Moses daar by die brandende bos ontmoet, die God vir wie NIKS onmoontlik is nie.  ‘n Naam wat ons ook herinner aan ons die God wat Hom verbind aan mense – Hy wil ONS God wees – dit is ‘n belofte wat God al by ons DOOP kom maak! Herinner jouself ook weer daaraan as jy vandag uitstap – JY BEHOORT aan hierdie God – JY IS GESEëND!

Beteken dit dan dat ek ‘n lewe sonder uitdagings het?  Nee,  glad nie!

Die Bybelse mense het as geseëndes egter hierdie 3 dinge se bewustheid geleef en met mekaar gedeel!  Dit het nie altyd goed gegaan nie – HIER in Numeri is hulle in die woestyn – dit was moeilike tye, maar die seën was die wens/bede/wete dat selfs al sou dit sleg gaan, want Die lewe HET uitdagings, weet ek dat die Here SAAM my stap en baie spesiaal betrokke is – Hy is die God wat sorg en beskerm en die beste vir my wil hê – daardie SHALOM vrede – VOLHEID – wat nie in dinge en goeters lê nie, maar – hierbinne!

 

Ons gaan nounou die bekende Habakkuk-liedjie sing – ‘n liedjie wat sing van NOGTANS! Nogtans sal ek jubel en juig – dit is die “shalom”-vrede wat ons kry met die seën – en nes daardie geel ‘n kaaskrul se knusheid wys-so het die Bybelse mense dit geleef! Dit het afgevryf aan almal om hulle!

 

Die  realiteit is ons sukkel daarmee as moderne mense.  Ons leef dit nie –   Deel dit nie – wil nie mekaar seën nie! – HOEKOM?

·       Ons kuip weg agter fone en vind ons “connectedness” in sosiale media en hoë heinings.

·       Ons is bang om ander te seën – bang of skaam!

·       Ons sê wel “Geluk met jou verjaardag – geseënde
Kersfees” – mag God by jou wees vandag&jaar, maar bedoel ons dit?  Dit raak leë woorde!

·       In die Bybelse tyd was dit so kosbaar om te deel – dit is die lekkerste
kaaskrulle te deel!

Mr BEAN is vir my so ‘n voorbeeld daarvan – Hy leef sy geseëndheid uit – kinderlik en opreg!  Sonder bang te wees of skaam te wees!  

·       Hoe lekker sal dit nie wees om mekaar ook te seën nie – Babatjies, kinders, ouers, bure – ons hoef nie bang of skaam te wees nie – wys vir almal hoe God smile oor jou EN oor hulle!  BELEEF Sy vrede en teenwoordigheid en LEEF DIT UIT!

 

Watter Uitdagings het jy in die tyd?

·       Eksamens

·       Toetse

·       Groot skool/oorgange

·       Siektes

·       Slegte nuus

Elke week ontvang ons hierdie bede  – nie net van my af – van die Here af, en dit is ‘n seën ook vir mekaar!!!!!  Daarom:

Mag Jesus se vrede by
jou wees…Mag Hy self by jou wees…
 Mag Hy jou Sy Kaaskrulseën van VREDE laat beleef en uitleef!

 

Amen

 

 

Gebed:

Here baie dankie vir U seën.  Help ons om vandag hierdie woorde nie net te hoor nie, maar laat ons dit inneem soos Kaaskrulle en laat ons U beskerming en sorg, U goedheid en liefde, maar bo alles U vrede en teenwoordigheid BELEEF vandag asb.  Help ons dan ook Here om asb hierdie week U seën ook uit te leef na ander.
 
Amen
css.php