Erediens – 17 Mei 2020: Die hoop in ons – 1 Pet 3:13-22

Welkom:

Groete:

Lied:

Flam 5: Daar is geen grens aan u trou en genade https://youtu.be/NQx9lcfpJCk

Teks:

1 Pet 3:13-18 Gabriela gaan die gedeelte uit Die Boodskap lees.

1 Pet 3:13-18  Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is?  (14)  Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as ‘n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie.  (15)  In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.  (16)  Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. Sorg dat julle gewete skoon bly, sodat dié wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster, daaroor skaam kan kry dat hulle kwaad van julle gepraat het.  (17)  As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen.  (18)  Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring, Christus wat as mens doodgemaak is, maar deur die Gees lewend gemaak is.

Gebed:

Preek:

Lied:

Lied 292: 1 + 2, My enigste troos  https://youtu.be/umHLnrM7rAc

Seën:

Om die tafel

‘n 5 min fokusoomblik vir besige gesinne

Probeer om ten minste een keer per week (selfs 2-3 keer), dalk tydens ete, die volgende te doen:

  • Iemand lees die “onthouversie” van die week: “As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter so as om te ly wanneer julle kwaad doen.” (Luk 14:21)
  • 30 sekondes stilte vir nadink: Wat maak hierdie versie in jou los in hierdie tyd van inperking? Praat met die Here daaroor..
  • Iemand lees die volgende gebed:  “Here Jesus, U het gely as ’n onskuldige! As ek ook my kruis moet dra ter wille van die evangelie, doen ek dit in navolging van U, my Here. Amen.”
css.php