Votum:

3 “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 4 Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. 5 Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. 6 Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word. 7 Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. 8 Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. 9 Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. 10 Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 11 “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12 Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.” Matt 5:3-11

Seëngroet:

Groet mekaar met Jesus se woorde “vrede vir julle” en steek hierby ’n kers aan.

Stilword en Skuldbelydenis

Luister na die volgende lied – dit mag jou help om rustig te raak.

https://www.youtube.com/watch?v=CBwh1OXw6uI

Laat die lied aanhou speel terwyl julle die volgende doen:

Wanneer jy gefokus en rustig voor God is, herdenk jou naweek en week. Wat staan in jou pad om nou volkome by God te wees? Gee dit oor. Wat is die dinge wat jy moet bely? Bely dit nou.

Skriflesing:

1 Petrus 2:19-25

Gebed

Here, ons dank U vir veiligheid en gesondheid en bid dat U met elkeen sal wees wat nou onseker of onveilig voel. Here maak ons oop en ontvanklik vir wat U ook vanoggend met ons wil deel. Amen.

Boodskap

Dankoffers

Slotlied

Luister na of sing saam met die volgende weergawe van Jesus se gebed, die Onse Vader:

https://www.youtube.com/watch?v=xf1kD17L-7o

Seën

“Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees.” 1 Petrus 1:2

css.php