Erediens – 12 April 2020: Wat as ek twyfel? – Joh 20:1-10
Voorbereiding
Sorg dat almal (as daar meer as een is by jou) gemaklik is! Kry solank die lied hieronder gereed om na te luister op jou foon of rekenaar of TV.
Terwyl iemand die kers aansteek as teken dat Jesus opgestaan het, luister/kyk na die Halleluja-koor van Handel uit die Messias. Hulle sing van Christus se Koningskap en heerskappy (4 minute). Jy kan dit kry by https://www.youtube.com/watch?v=BBZ7AfZR9xs.
Lof en aanbidding
Luister na of sing saam met die liedboek lied 422 “Die Heer het opgestaan!”. Die woorde verskyn op die video. Jy kan dit op internet kry by:
Of/en Lied 411 “Kom almal laat jul stem verrys” by
Lees Johannes 20:1-10
Kyk / luister na die boodskap
Toewyding
Sing saam die liedboek lied 417, “Jesus, ons eer u” by
https://youtu.be/WFLXyBpvzdE. 2
En/of “Vrygemaak” by
Geloofsbelydenis
Dit is vandag ‘n goeie tyd om weer ons geloof te bely. Doen dit hardop.
DIE APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS
Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; Wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die Almagtige Vader, vanwaar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het. Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo aan ‘n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe. Amen
Vir verdere nadenke/gesprek
1. Dink aan tye wat jy in vertwyfeling was. As jy wil, deel dit met mekaar (as daar ander is).
2. Is daar iets wat jy gehoor het wat jou help in tye van vertwyfeling?
3. Hoe kan jy ander help wat ook twyfel?
4. Glo jy dat Jesus lewe en opgestaan het? Watter verskil maak dit aan jou lewe?
