Preek – 8 November: Wat kies ek as ek God kies? – Josua 24:14-28

Votum:

So sal ek kom
met my stukkie lof
met my bietjie bid
met my sinne van stof
wil ek voor U kom sit
met vandag se leef
en more se dood
met my reguit en skeef
met my honger en brood
so sal ek kom
as ek kom om te juig
dankbaar en dom
sal ek nederig kom buig

Koos van der Merwe

Seëngroet:

Genade en Vrede vir julle.

Skriflesing:

Josua 24:14-28

Preek:

voorraad op te neem, om te vra waar is God? En wie is God? Hierdie belydenisse word gevorm wanneer mense (vandag nog) soos die volk in die woestyn sê: dit is ons God.

So wanneer ek God kies, is dit miskien ’n goeie begin om eers te vra: wie is God? Wat glo ek oor God? Hoekom kies ek hierdie God?

Josua se antwoord op die volk se duidelike vroomheid van keuse is dalk effens teleurstellend: “Julle kan nie die Here dien nie. Hy is ’n heilige God.” Wat Josua hier sê is: die mense van Israel kan nie, kan dit nie regkry, dit is nie in hulle vermoë, om die Here te dien nie. Josua ken mense, hy ken hulle opstandigheid, hulle sonde en hulle geneigdheid om weg te draai van God af – God wat onverdeelde trou eis. Hy belowe hulle dat daar ellende wag op mense wat wegdraai van God af, dat daar ’n einde gemaak sal word aan hulle – dit is hoe God vir hulle sin maak wanneer hulle jare later wonder hoe hulle (weer) gevangenes in Ballingskap is.

Maar vandag? Wat gebeur vandag wanneer ons wegdraai van God af? Wanneer ons nie vir God kies nie? Want hierdie keuse gebeur ook nie net een keer nie, maar elke dag…

Wat gebeur? Wêreld pandemies? Siekte? Plaasmoorde? Is dit hoe God ’n einde maak aan mense?

Of gebeur daar nie eintlik iets nie, want: ek draai nie weg van God nie, ek draai net na dokters en wetenskaplikes, so ek word nie meer siek nie. Ek draai nie weg van God nie, ek draai net na my werk en geld, so ek is nie meer honger nie…

Hoe antwoord ons vir mekaar hierdie vraag oor wat gebeur wanneer ek wegdraai van God af? Na wie toe draai ek dan? Ons is miskien te vinnig om moderne afgode in die storie in te bring, want afgode is tog iets opgemaak en buite myself. Die probleem lê eerder daarin dat dat ek, wanneer ek God nie kies nie, ek myself kies. Dit is ’n draai weg van God en na myself en my self maak geen ruimte vir God nie. Dit gaan nie oor of ek gaan doodgaan of hel toe gaan of siek word nie, want mense wat God kies gaan ook dood en word ook siek – dit gaan daaroor dat wanneer ek wegdraai van God af en myself begin dien, dat ek die hele punt van my bestaan mis, want wat doen ek anders hier as om God te dien?

Selfs hierop antwoord die volk gretig: “Nee, ons sal die Here dien!” Ons sal nie wegdraai en na onsself toe draai nie!

Josua gee dan in en sê: Julle is dan self getuies. Dit is deel van wat die volk kies wanneer hulle vir God kies – verantwoordelikheid en die wete dat niemand anders vir hulle kan kies of kan glo of kan dien nie.

Wanneer jy op ’n Sondag hier opdaag, wanneer jy belydenis van geloof aflê of jou kinders doop of Bybelversies op FB share of wat ookal doen, dan is dit jy wat self getuig van wat jy glo. Dit is net jy en jou lewe wat kan bely dat jy jouself verloën, jou kruis opneem en Jesus volg. Watter getuienis kies ek wanneer ek God kies en is ek gereed vir wat dit van my vereis?

Uiteindelik raak Josua prakties en gee opdrag aan die volk om al die vreemde gode uit hulle midde te verwyder. In die Bybel se tyd sou dit beteken dat mense fisiese beelde en gekerfde houte en dinge moes gaan uitsoek in hulle tente en dit uitdra en verbrand of tot niet maak.

Vandag lyk dit vir ons baie anders: hierdie keuse vra dat ek gaan kyk na vreemde gode in my lewe en dit beteken nie dat ek die nuutste “Maak jou huis skoon” reeks moet gaan soek en ontslae raak van al my kinders se Harry Potter boeke nie. Dit beteken dat ek intensioneel moet gaan kyk na die dinge wat ek bo God kies en dat ek dit moet aanpas – waar spandeer ek my geld? Waar spandeer ek my tyd? Waar draai ek na myself in plaas van na God?

Is ek bereid om my prioriteite te verander wanneer ek God kies?

Laastens sit Josua ’n klip neer en verduidelik dat hierdie klip sal getuig teen die volk as hulle teruggaan op hulle keuse. Hierdie klip is ’n simbool van die belydenis, die getuienis en die doelbewuste besluit wat Israel daar en dan maak.

Vandag dra ons kruisies om ons nekke en hang bordjies wat sê “wat my en my familie betref” teen ons mure – hierdie dinge herinner ons aan die keuse wat ons maak om God te kies. Die vraag is of ons vir onsself genoeg van hierdie klippe neersit wat ons aanhoudend kan herinner en, indien nodig, wat teen ons kan getuig: wat beteken die bordjie in die gang wanneer ek en my familie op mekaar skree, wanneer ons nie ruimte maak vir mekaar nie, wanneer ons mense wat anders is as ons haat en uitsluit – is ek en my familie dan nog besig om die Here te dien?

Ons het hulp nodig wanneer ons die Here kies: ons het simbole nodig om ons te help onthou en ons het klippe nodig wat teen ons kan getuig, want ons is mense met sonde en opstandigheid en die geneigdheid om teen God te draai.

Daarom kan ons dankbaar wees vir die klip wat Josua daar neergesit het, maar ook vir die klip van Golgota waar God ons weer deur Jesus kom kies het. Ons kan dankbaar wees vir Jesus, die klip waarteen ons ons voete stamp, wat ons uitdaag om ons kruise op te neem. Vir die hoeksteen wat alles bymekaar hou, wat ook die klip is wat deur bouers afgekeur is, wat ook die rots is waarop ons ons fondamente kan bou, want net soos ons ’n klomp klippe moet neersit wat teen ons kom getuig en ons herinner wat ons kies wanneer ons God kies, net so het God self ook ’n klip kom neersit wat vir ons getuig dat Hy ons kies.

Die Israeliete het ’n interessante manier gehad om te kyk na tyd en geskiedenis: ons weet vandag dat tyd soos ’n soort siklus werk en dat dit eintlik ’n klomp verskillende dimensies het. Die antieke Israeliete het egter tyd as ’n lyn verstaan – hulle het geglo tyd werk so: demonstreer.

Dit is eintlik wat ook in die boek Josua gebeur: hierdie gebeure en hierdie afskeidswoorde van Josua is nie neergeskryf daar terwyl dit alles plaasgevind het nie, dit is vele jare later neergeskryf toe die Israeliete in Ballingskap gevange was. In hierdie tyd het die volk terug gekyk op hulle “lyn” van geskiedenis en probeer onthou en sin maak van alles wat met hulle gebeur het.

Dit is interessant om deur hierdie lens na vanoggend se tekgedeelte te kyk en te weet hierdie mense was eintlik besig om voorraad op te neem daar in die vreemde en moeilike omstandighede van die ballingskap – hulle was besig om terug te kyk op hul reis deur die woestyn en tot in die beloofde land en het hulself afgevra: “Wat het alles met ons gebeur? Hoe het ons hier gekom en waar was God in dit alles?”

Die skrywer, ’n verteenwoordiger van die volk, onthou die verhaal so:

Josua is in sy laaste dae van lewe, hy roep die hele volk bymekaar en spreek hulle vir die laaste keer toe. Hyherinner die volk aan die lang pad wat die Here met hulle gestap het, deur Egipte, deur die woestyn, deur die dae van Moses en Aaron, tot daar in Sigem. By Sigem herinner Josua die volk vir ’n laaste keer aan dit wat die Here gedoen het:

Vrygemaak, saam gestap, kos en water gegee, ’n land gegee wat hulle nie bewerk het nie, stede wat hulle nie gebou het nie, wingerde en olyfboorde wat hulle nie geplan het nie – dit alles het God gedoen nadat hy destyds aan Abraham belowe het: Ek sal julle God wees, en julle sal my volk wees.

Dan pleit Josua by die volk om ’n keuse te maak: kies dan vandag wie julle wil dien.

Vandag vergelyk ons die magdom vreemde gode waarvan die antieke wêreld sou kon kies, met abstrakte dinge: geld, kos, status, verslawings – wat dit ookal is wat ons vandag oortuig is ons kan red. Ons verstaan op ’n spesifieke manier wat Jesus bedoel wanneer hy sê: “Julle kan nie God en Mammon dien nie” – my geld kan nie belangriker wees, kan nie die plek in neem van God in my lewe nie.

Maar Jesus neem dit selfs verder en sê op ’n ander stadium: “As iemand my wil volg, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg.” Dit klink nie vir my soos net die vervanging van geld met God op my prioriteitslysie nie – dit klink nie soos net ’n ding tussen my en God of ’n ding wat in my hart gebeur nie – dit klink amper asof Jesus sê dat wanneer ek kies om God te dien, dan beteken my keuse iets, dan kies ek iets baie spesifiek.

Ek vermoed dat Josua dit ook reeds geweet het toe hy hierdie toespraak gemaak het.

Hy het duidelik verstaan wat hy bedoel het toe hy sê: “Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” Ek vermoed Josua het geweet dat dit nie net ’n mooi aanhaling is wat êrens op ’n bordjie in die kombuis hang nie; dat dit nie net ’n oppervlakkige getuienissie is wat ons voorhou wanneer selgroep hierdie week by ons huis is nie.

So wat kon dit dan wees wat Josua bedoel het? Wat kies ek as ek dan nou inderdaad kies om die Here te dien?

Dit wil lyk asof die volk ook iets dieper verstaan het onder hierdie keuse. In verse 16-18 klink dit amper soos ’n tipe geloofsbelydenis; asof iemand gevra het: “Hoekom kies julle hierdie God van julle?”

Die volk antwoord deur te bely en te getuig wat die dinge is wat God in die verlede vir hulle gedoen het en uiteindelik koppel hulle hierdie persoonlike identiteit aan die God wat hulle kies: Hy is ons God.

Ons vergeet dikwels dat ons ook hier bymekaar kom en soms vir mekaar vra: “Hoekom kies ons hierdie God? Wie is hierdie God?” En dan bely ons ook: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die Hemel en die Aarde; en in Jesus Christus en die Heilige Gees…

Hierdie belydenisse wat ons opsê (as ons die woorde daarvan ken en onthou) kom nie van nêrens af nie; dit is nie gister opgemaak nie – dit is mense soos ons wat besig was om

Amen