Goeie Vrydag, 10 April 2020
Die voorhangsel skeur!
Luk. 23:44-49
Voorbereiding:
Dit is ons gebruik in die gemeente om op Goeie Vrydag die Nagmaal te vier. Aan die
einde van die oordenking (video) kan u vandag sommer daar in u huis deel hê aan
die Nagmaal en ook weet dat u dit saam met talle ander gemeentelede vier. U kan
dus vooraf brood en wyn of druiwesap gereed kry.
Word stil:
Steek ’n kers aan en raak saam stil in die Here se teenwoordigheid. Neem genoeg
tyd hiervoor.
Lof en aanbidding:
Sing saam “God is liefde” by https://youtu.be/BG4TOS11uRY
U kan nou die Bybel oopmaak by Luk. 23:44-49
Kyk/luister na die boodskap
(met die viering van die
Nagmaal teen die einde daarvan)
Toewyding:
Sing saam “Meer as ooit” by https://youtu.be/-wb5I8g6IIk
Sluit af met ’n gebed